Nuus 14:00
BULLETIN 28 Maart 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die VF Plus sê Suid-Afrika moet kennis neem van strenger Amerikaanse sanksies
# Phil Craig verdedig sy voorspraak van Kaapse onafhanklikheid te midde van oproepe vir sy deportasie
# En die Dierebeskermingsvereniging onthul die rol van die Oos-Kaapse Dobbelraad in onwettige hanegevegte
# Die Vryheidsfront Plus sê Amerika draai die sanksie-skroewe teen Suid-Afrika stywer vas en die ANC in die regering van nasionale eenheid moet hiervan kennis neem. Corné Mulder van die VF Plus sê volgens ‘n berig in Azernews het die Amerikaanse Departement van Handel uitvoerbeperkings ingestel op 70 ondernemings in Suid-Afrika, Iran, China, die Verenigde Arabiese Emirate en Pakistan:
# Die kampvegter vir Kaapse Onafhanklikheid, Phil Craig, het gereageer op oproepe vir sy deportasie, en maak aanspraak op sy wettige verblyf in Suid-Afrika asook sy reg op vryheid van uitdrukking. Die Brits-gebore lid van die Cape Independence-voorspraakgroep, sê sy immigrasiestatus is onbelangrik in die breër beweging vir Wes-Kaapse onafhanklikheid. Hy beplan om Amerika in April te besoek om diplomatieke steun te werf vir Kaapse onafhanklikheid. Craig hou vol onafhanklikheid is grondwetlik lewensvatbaar en vra ‘n referendum om openbare steun te bepaal.
# Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings het ontdek dat die Oos-Kaapse Dobbelraad ‘n gelisensieerde Suid-Afrikaanse beroepswedder toegelaat het om onwettige hanegevegte te bevorder en voordeel te trek daaruit. Die beroepswedder, wat ‘Roosterbet’ genoem, bied weddenskappe op hanegevegte wat gestroom kan word vanaf die Filippyne. Die raad se woordvoerder, Jacques Peacock, sê aanlyn hanegevegte is sedert 2022 in die Filippyne verbied weens kommer oor onwettige dobbelary, misdadige bedrywighede en dieremishandeling:
# Krieket: Die Proteas sal hierdie seisoen die eerste keer in 11 jaar in Zimbabwe toer. Die twee lande sal in twee toetse kragte meet, en ook in ‘n T20-driehoekige reeks met Nieu-Seeland, met al die wedstryde wat in Bulawayo plaasvind. Die eerste toets sal op 28 Junie begin en die tweede op 6 Julie, kort nadat die Proteas en Australië in die eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap op Lord’s in Londen gespeel het. Die T20-reeks begin op 22 Julie.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-14-sent teen die dollar, 19-rand-55-sent teen die euro en 23-rand-48-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 85-duisend-171-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-en-67-dollar-66-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 73-dollar-19-sent per vat.
# En laastens, Discovery Bank het nuwe sekerheidstelsels ingestel, insluitend ‘n paniekkode om wetstoepassingsowerhede in die geheim oor noodgevalle te waarsku. Uitvoerende hoof Hylton Kallner sê dit is ‘n eerste vir die bedryf met kliënte wat waardevolle rekeninge in ‘n digitale kluis berg, wat deur ‘n sekerheidskode toeganklik gemaak word. Kallner het verduidelik indien iemand die kluis onder dwang moet oopmaak, die insleutel van ‘n unieke paniekkode ‘n geheime noodgeval-reaksie sal aktiveer. Die bank het ook bedrogwaarskuwings en KI-aangedrewe ondersteuning van stapel gestuur om kliënteveiligheid te verbeter te midde van ‘n toename in finansiële misdaad.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….