Nuus 14:00
BULLETIN 18 Maart 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Wêreldbank waarsku oor onvoldoende belegging in waterinfrastruktuur
# Kalander-snuitkewers word vrygelaat om indringerplante in die Hartbeespoortdam aan te pak
# En motorsport: Lando Norris sê McLaren het geleer uit verlede jaar se foute
# Die Wêreldbank het kommer uitgespreek oor die wêreldwye onvoldoende besteding aan kritieke waterinfrastruktuur. Water Global se direkteur, Saroj Kumar Jha, het op die 14de Internasionale Waterverenigingskonferensie in Kaapstad gevra vir groter beleggings om langtermyn watersekerheid te verseker. Hy waarsku sonder voldoende befondsing sal baie lande ernstige watertekorte ondervind te midde van klimaatsverandering en bevolkingsgroei, wat die ekonomie en lewensbestaan beïnvloed:
Die Departement van Water en Sanitasie het intussen kalander-snuitkewers in die Hartbeespoortdam in Noordwes vrygelaat om watervarings aan te pak. Die kalanders word in samewerking met die Nasionale Navorsingstigting en die Rhodes-universiteit van Amerika ingevoer om suurstofvlakke in die water te help herstel. Die adjunkminister van Water en Sanitasie, Sello Seitlholo, sê die indringerplant het in Januarie visvrektes veroorsaak weens te min suurstof in die water. Die projek vorm deel van ‘n biologiese beheer-strategie om varswater-ekostelsels in Suid-Afrika te beskerm.
# Die DA is sterk gekant teen die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, se publikasie van regulasies wat ‘n verbod plaas op voedsel wat van hennep en dagga afkomstig is. Die regulasies in die Staatskoerant is ingevolge die Wet op Voedingsmiddels, Skoonheidsmiddels en Ontsmettingsmiddels van 1972 en verbied alle voedsel met bestanddele afkomstig van dagga, hennepsaadolie of hennepsaadmeel. DA-woordvoerder Michele Clarke sê die verbod bedreig meer as een-duisend-400 gelisensieerde ondernemings en 400 klein, medium en mikro-ondernemings:
# Motorsport: Die Britse renjaer Lando Norris sê sy Formule Een-span, McLaren, het geleer uit verlede jaar se foute toe hulle die vervaardigers-kampioenskap gewen, maar hy tweede was in die bestuurders-kampioenskap na Red Bul se Nederlandse jaer, Max Verstappen. Norris het Verstappen Sondag geklop in die seisoen se eerste Grand Prix op ‘n sopnat baan in Melbourne, Australië. Norris sê hulle het die winter goed voorberei vir ‘n nat wedren nadat hulle verlede seisoen verkeerde besluite oor bande geneem het tydens soortgelyke toestande in Kanada en op Silverstone.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-5-sent teen die dollar, 19-rand-75-sent teen die euro en 23-rand-45-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 82-duisend-676-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-en-25-dollar-13-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 71-dollar-78-sent per vat.
# En laastens, Suid-Afrika se aanvraag vir elektrisiteit het in 2024 aanhou daal as gevolg van die vinnige groei in privaat sonkraginstallasies. ‘n Nuwe verslag deur die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad dui aan dat die spitsaanvraag met een-persent gedaal het na 33,5-gigawatt, terwyl algehele energie-aanvraag met drie-persent gedaal het. Teen September verlede jaar was meer as ses-gigawatt privaat sonkrag aangebring, wat die afhanklikheid van Eskom verlaag het. Die verslag dui ook aan dat beurtkrag-ure skerp gedaal het, terwyl diesel-kragopwekking met 48-persent afgeneem het. Intussen het elektrisiteitstariewe die afgelope dekade met 190-persent toegeneem, wat inflasie en hernubare energiekostes oorskry.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….