Nuus 14:00
BULLETIN 11 Maart 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Tesourie open ‘n eerste venster vir die finansiering van megaprojekte
# Die taxibedryf vra ernstige regeringsoptrede oor subsidies en bedryfslisensies
# En ‘n Olimpiese atleet van Zimbabwe glo sy kan die volgende president van die IOK word
# Die Nasionale Tesourie het die eerste tendervenster vir aansoeke ingevolge die Begrotingsgerief vir Infrastruktuur van stapel gestuur wat gemik is op die befondsing van megaprojekte in die openbare sektor. Die venster wat tot die 16de April oop is, sal infrastruktuurvoorstelle van meer as ‘n miljard-rand oorweeg. Die program fokus op projekte wat fiskale steun benodig om uitvoerbaarheidsgapings te dek. Die Tesourie gaan in die 2025/’26-boekjaar vier aansoekvensters open, met elke kwartaal wat toegewy word aan die hersiening van grootskaalse infrastruktuur-voorstelle.
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad, SANTACO, vra dat die minister van Finansies, Enoch Godongwana, openbare vervoersubsidies in môre se begrotingsrede moet insluit aangesien hulle daagliks miljoen mense vervoer. Volgens die raad ontvang spoorvervoer ongeveer 56-persent van die befondsing, busse 43-persent, and taxi’s slegs een-persent. Rebecca Phala van Santaco waarsku dat ‘n reuse- aantal agterstallige bedryfslisensies, sommige al vir jare uitstaande, daartoe lei dat baie wetttige taxi-operateurs nie kan werk nie en streng polisieoptrede moet verduur:
# Die Stad Kaapstad is besig met ‘n uitvoerbaarheidstudie oor die ikoniese onvoltooide snelwegbrug op die Strandgebied. Bouwerk het in die 1970’s begin maar is in 1977 gestaak weens begrotingstekorte. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Beweeglikheid, Rob Quintas, het die studie bevestig. Die voormalige minister van Vervoer, Fikile Mbalula, het beraam die voltooingskoste sal sowat 1,8-miljard-rand beloop. News24 berig die metro beoog om die brug te voltooi, hangend openbare deelname en befondsing.
# Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta eis dat die minister van Sport, Gayton McKenzie, sy beroep terugtrek dat buitelanders verbied word om hospitale te besoek. Makaneta waarsku sulke uitsprake doen skade aan ongedokumenteerde leerders en boesem vrees by hulle in om vir mediese behandeling te vra. Hy haal die Hooggeregshof in Makhanda se uitspraak aan wat alle leerders se regte bevestig, ongeag hulle dokumentasie. Hy vra die regering om inklusiewe beleid te verseker wat kwesbare kinders teen diskriminasie en xenofobie beskerm:
# Olimpiese Spele: Afrika se mees bekroonde Olimpiese atleet, Kirsty Coventry van Zimbabwe, glo sy kan die volgende president van die Internasionale Olimpiese Komitee word. Die 41-jarige het sewe Olimpiese medaljes in swem verower tydens haar glorieryke loopbaan. Sy het later ‘n administrateur geword en dien al 12-jaar op die IOK. Coventry is tans haar land se minister van Jeug, Sport, Kuns en Ontspanning. Sy word gesien as een van die gunstelinge om Thomas Bach van Duitsland te vervang wanneer die IOK later die maand in Griekeland stem.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-25-sent teen die dollar, 19-rand-87-sent teen die euro en 23-rand-60-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 81-duisend-622-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-912-dollar-65-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 69-dollar-65-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….