Nuus 14:00
BULLETIN 10 Maart 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Vryemarkstigting sê die Onteieningswet is ‘n bedreiging vir beleggings en bestendigheid
# Cosatu dring aan op ‘n kragtige begroting om die ekonomiese krisis aan te pak
# En Pierce Brosnan sê die volgende James Bond moet beslis ‘n Brit wees
# Die Vryemarkstigting waarsku dat ekonomiese vryheid onmoontlik is as eiendomsregte nie gerespekteer word nie. Die stigting se direkteur, Eustace Davie, waarsku dat die nuwe Onteieningswet ‘n bedreiging is vir beleggings en bestendigheid. Die wet beoog om die herverdeling van grond in Suid-Afrika te versnel. Davie beklemtoon dat veilige eiendomsregte voorspoed, vernuwing en vertroue bevorder. Hy beveel aan dat die regering eienaarskapregte moet beskerm om ekonomiese vryheid, bestendigheid en voortuigang vir almal te verseker.
# Die vakbondfederasie Cosatu vra ‘n kragtige, progressiewe begroting om die ekonomiese uitdagings in Suid-Afrika aan te pak. Matthew Parks van Cosatu eis groter steun vir Eskom, Transnet en openbare dienste. Hy beklemtoon Cosatu is gekant teen inkomstebelastingverhogings op werkers en versoek die regering om eerder befondsing aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens te bevorder om belastingontduiking hok te slaan:
# Vier leerders is dood en vyf is beseer toe die voertuig wat hulle vervoer het vanoggend met ‘n bakkie gebots het buite Daveyton in Ekurhuleni, Gauteng. ‘n Woordvoerder van die stad se ramp- en noodbestuurdienste, William Ntladi, sê die hele snelweg is vir verkeer gesluit aangesien reddingspanne steeds op die toneel was. Hy sê die slagoffers is almal leerders van verskillende ouderdomme en skole:
# Fietsry: Byna 28-duisend deelnemers het deelgenaam aan gister se 47ste Kaapstadse fietstoer. In die mans-elite-afdeling het die 21-jarige Suid-Afrikaner Tyler Lange koning gekraai terwyl Pia Grünewald van Duitsland met ‘n gemaklike voorsprong die vrouetitel gewen het. Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, wat saam met sy vrou deelgeneem het, sê dit was ʼn wonderlike geleentheid:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-28-sent teen die dollar, 19-rand-86-sent teen die euro en 23-rand-61-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 81-duisend-944-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-905-dollar-12-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 70-dollar-33-sent per vat.
# En ten slotte: Die akteur Pierce Brosnan sê dit is voor die hand-liggen dat die volgende James Bond Brits behoort te wees. Die voormalige Bond het ook aan Sunday Telegraph gesê dit was die regte besluit vir die konsessie om skeppende beheer te oorhandig aan Amazon. Die keuse van Daniel Craig se opvolger sal deur Amazon MGM Studios bepaal word. Die laaste fliek in die konsessie, No Time To Die in 2021, was Craig se laaste. Brosnan was die ster in vier Bond-rolprente, van 1995 se GoldenEye tot Die Another Day van 2002.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….