Nuus 14:00
BULLETIN 6 Maart 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Nasionale Finansiële Ombudskema herwin 416-miljoen-rand vir verbruikers
# ‘n Drukgroep verdoem aantygings van hoogverraad teen AfriForum en Solidariteit
# En die Stad Kaapstad open sy kragnetwerk vir energiehandelaars
# Die Nasionale Finansiële Ombudskema sê hy het sedert sy totstandkoming in Maart verlede jaar 40-duisend-859 sake hanteer en 416-miljoen-rand vir verbruikers herwin. Die skema is die gevolg van die samesmelting van vier ombud-agentskappe wat ‘n enkelplatform bied vir die oplossing van klagtes en geskille in Suid-Afrika se finansiële dienstesektor. Die hoof van die NFO, Reana Steyn, sê hulle het gehelp om ‘n veiligheidsnet te verskaf aan diegene wat deur wanadminstrasie, geskille of finansiële verlies geraak word:
# Die organisasie Campaign for Free Expression verdoem onlangse stellings wat AfriForum en Solidariteit met hoogverraad verbind. Die hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, het ‘n ondersoek na hoogverraad aangekondig. Die drukgroep voer aan dat sulke bewerings onverantwoordelik is en nie met grondwetlike waardes strook nie. Hy waarsku dat kriminalisering van spraak vryheid van spraak ondermyn. Die organisasie sê hoewel hy nie met AfriForum se standpunt saamstem nie, glo hy dat hoogverraad-aanklagte sy bewerings sal versterk. Hulle vra ‘n ope gesprek oor hardhandige regstappe om teenstrydige standpunte te hanteer.
# Die Stad Kaapstad het sy kragnetwerk vir privaat kragverkope en handel geopen. Meer as 562-duisend-800 kilowatt-uur se elektrisiteit is reeds opgewek en in die metro se netwerk ingevoer tussen privaat sektor energiehandelaars in die loodsfase. Burgemeester Geordin Hill-Lewis sê hulle gaan nou kragverhandeling oor die netwerk tussen privaat verkopers bevorder gegrond op bi-laterale en multi-laterale handelsooreenkomste:
# Sokker: Die eindstryd van volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Noord-Amerika gaan die eerste keer ‘n rustyd-vertoning hê soos die Amerikaanse Super Bowl s’n. Die president van die wêreldbeheerliggaam Fifa, Gianni Infantino, sê ‘n aantal kunstenaars sal optree in die MetLife-stadion in New Jersey in Amerika, wat die toernooi saam met Kanada en Mexiko sal aanbied. Hy beloof die konsert sal gepas wees vir die wêreld se grootste sportgeleentheid. Die toernooi duur van 11 Junie tot 19 Julie.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-36-sent teen die dollar, 19-rand-81-sent teen die euro en 23-rand-63-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 91-duisend-310-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-898-dollar-47-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 69-dollar-40-sent per vat.
# En ten slotte: Professor Admire Dube van die Universiteit van die Wes-Kaap ondersoek ‘n nuwe benadering tot die behandeling van tuberkulose deur die gebruik van spesiaal-ontwerpte nano-partikels. Hy lei ‘n span navorsers van die Universiteite Stellenbosch en Kaapstad en die Buffalo-universiteit in Amerika. Dube sê hulle het muise met ‘n TB-bakterie besmet om ‘n besmettings-model te skep, en vir ses weke met die nano-partikels behandel. Hy sê hulle het deurgaans die muise se longe en immuunreaksie gemonitor:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….