Nuus 14:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 27 Februarie 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die EFF vra die regering om AfriForum en Solidariteit as terreurorganisasies te klassifiseer
# Die Oscar-bekroonde akteur Gene Hackman en sy vrou word dood aangetref in hulle huis
# En krieket: Jos Buttler sal sy kapteinskap-toekoms oorweeg na Engeland se vertrek uit die Kampioenetrofee
# Die EFF versoek die regering van nasionale eenheid om AfriForum en Solidariteit as binnelandse terreurorganisasies te klassifiseer. Dit volg nadat die organisasies na bewering gevra het vir Amerikaanse ingryping in Suid-Afrika se binnelandse aangeleenthede. Volgens die EFF tree hulle verraderlik op deur waninligting te versprei en te probeer om die bestendigheid in die land te ondermyn. Die party se nasionale woordvoerder, Thembi Msane, sê hierdie optrede regverdig die klassifisering as binnelandse terreur-organisasies:
Brittanje se minister van Finansies, Rachel Reeves, sê intussen geen Britse maatskappye het hulle besorgdheid oor Suid-Afrika se Onteieningswet uitgespreek nie. Reeves woon die G20-vergadering in Suid-Afrika by. Sy sê ondanks moontlike sanksies deur Amerika, fokus Brittanje op die uitbreiding van handel en belegging met Suid-Afrika. Reeves het geleenthede uitgelig vir Britse ondernemings in sektore soos finansiële dienste en die boubedryf. Sy het vertroue uitgespreek dat Suid-Afrika se regering sy begroting sal aanvaar en voortgaan om handelsbetrekkinge tussen die twee lande te versterk.
President Cyril Ramaphosa sê intussen Suid-Afrika sal sy G20-presidentskap gebruik om inklusiewe en billike onderwys te bevorder. Hy het op die lekgotla van die Basiese Onderwyssektor in Ekurhuleni gesê onderwys is die sleutel tot ontwikkeling en Suid-Afrika sal aandring op beter toegang en vaardigheidsopleiding. Ramaphosa sê onderwys moet ontwikkel om aan die eise van ‘n vinnig-veranderende arbeidsmark te voldoen, om te verseker geen leerder bly agter nie:
# Die Hollywood-akteur Gene Hackman, sy vrou, Betsy Arakawa, en die gesin se hond is dood gevind in hul huis in Santa Fe, Nieu-Mexiko. Die polisie vermoed nie gemene spel nie, maar die oorsaak van dood is nog nie vasgestel nie. Die 95-jarige oud-soldaat het in meer as 80 rolprente verskyn en in 1971 ‘n Oscar gewen vir sy hoofrol in The French Connection. Hy het na sy uittrede saam met Daniel Lenihan avontuurromans begin skryf. Die 63-jarige Arakawa, ‘n klassieke pianis, is in 1991 met Hackman getroud.
# Krieket: Jos Buttler sê hy gaan alle moontlikhede oorweeg oor sy toekoms as Engeland se witbalkaptein nadat sy span uit die Kampioenetrofee geboender is. Dit volg nadat hulle in Lahore, Pakistan, met agt lopies teen Afganistan verloor het. Dit was Engeland se derde agtereenvolgende teleurstelling onder Buttler se leierskap in beperkte boulbeurt-toernooie na die eendag-Wêreldbekertoernooi in 2023 en verlede jaar se T20-uitgawe. Buttler sê dit gaan ‘n tydjie neem om oor die pad vorentoe te besin:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-43-sent teen die dollar, 19-rand-31-sent teen die euro en 23-rand-35-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 96-duisend-354-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-888-dollar-49-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-70-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….