Nuus 14:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 4 Februarie 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……
In die bulletin:
# Brandstofpryse styg skerp om middernag
# ‘n Groep Suid-Afrikaanse burgerlike organisasies is ontsteld oor Trump se dreigemente
# En krieket: Die vierde seisoen van SA20 begin net na Kersfees vanjaar
# Die Departement van Minerale Bronne en Petroleum het aansienlike stygings in brandstofpryse vanaf middernag bevestig. Woordvoerder Robert Maake sê albei grade petrol sal met 52 sent-per-liter styg, terwyl dieselpryse met tussen een-rand-een-sent en een-rand-vyf-sent-per-liter styg. Hy bevestig lampolie se prys sal met een-rand-25-sent per liter styg en die prys van vloeibare gas styg met 42-sent-per-kilogram:
# ‘n Groep burgerlike organisasies sê hulle is nie net ontsteld oor die dreigemente wat die Amerikaanse president, Donald Trump, aan Suid-Afrika gerig het nie, maar ook oor sy gevaarlike leuens. Die groep sluit in die Ahmed Kathrada-stigting, Corruption Watch, die Helen Suzman-stigting, die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet en die Desmond en Leah Tutu-stigting. Nicole Fritz van die Campaign for Free Expression sê Trump verdraai die feite:
Die Referendum-party is egter baie ingenome met die internasionale kritiek wat die ANC se beleide ontlok. Die party-lid, Joan Swart sê die ANC kon veels te lank sy skandelike bedrywighede uitvoer onder die dekmantel van Nelson Mandela se internasionale aansien:
# Onlangse toetse toon wisselende E. coli-vlakke in die Vaalrivier met sommige gebiede wat ‘n hoë risiko vir maagsiektes inhou. ‘n Monster wat naby Village Manor geneem is, toon ‘n telling van 72-duisend-700 per 100-millimeter, hoewel dit laer is as verlede week se 111-duisend-990. Rand Water verseker inwoners die drinkwater is steeds veilig want dit kom uit die Vaaldam en nie die rivier nie. Die vlakke van blou-groen alge wissel ook wat voortgesette kommer oor watergehalte benadruk ondanks die verbeterde watervlak van die Vaaldam op 61,3-persent.
# Krieket: Die vierde seisoen van die SA20 begin reeds in laat Desember vanjaar. Die datum is vervoeg omdat die Proteas dan nie enige internasionale verpligtinge het nie. Seisoen vyf begin soos gewoonlik in Januarie 2027 met ‘n langer ruskans tussen wedstryde en minder wedstryde gedurende die week. Dit sal ʼn propvol jaar vir die plaaslike spel inlui, met die Wêreldbekertoernooi vir mans wat in Suid-Afrika, Zimbabwe en Namibië plaasvind.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-72-sent teen die dollar, 19-rand-35-sent teen die euro en 23-rand-27-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 98-duisend-703-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-816-dollar-88-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-95-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….