Nuus 14:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 22 Januarie 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Jaarlikse verbruikersinflasie styg effens tot 3% in Desember
# Rugby: Ierland se kaptein glo die Leeus-toer sal nog ‘n dimensie na die Sesnasies bring
# En, FNB waarsku Suid-Afrikaners oor ‘n nuwe neiging van skuldberaders wat misleidende praktyke bedryf
# Suid-Afrika se jaarlikse verbruikersinflasie het in Desember gestyg tot drie-persent vanaf 2,9-persent in November verlede jaar. Sleutelbydraers tot die styging sluit in, behuising en nutsdienste, diverse goedere en dienste, voedsel en nie-alkoholiese drankies. Patrick Kelly van Statistieke Suid-Afrika sê die gemiddelde inflasie vir verlede jaar was 4,4-persent, laer as die ses-persent wat in 2023 aangeteken is:
# Vier mense is doodgeskiet en een is beseer toe drie onbekende mans gisteraand in ‘n huis in Motherwell in die Oos-Kaap op ‘n groep vriende losgebrand het. ‘n Polisiewoordvoerder, Siphokazi Mawisa sê drie mans, tussen die ouderdomme van 20 en 25, asook ‘n 16-jarige meisie is noodlottig geskiet en ‘n 24-jarige man is gewond. Sy sê die motief is onduidelik en is deel van die ondersoek.
# Gautengse inwoners word versoek om nie bekommerd te wees oor onlangse aansprake op sosiale media oor alge in waterweë soos die Hennopsrivier en Hartbeespoortdam nie. Die DA bevestig ‘n natuurlike onderdeel van water-ekostelsels, sianobakterieë, ondersteun die produksie van suurstof en stikstofbinding. Woordvoerder Leanne de Jager beklemtoon openbare kommer oor watergehalte word erken, maar onlangse onrusbarende bewerings is ongegrond:
# Rugby: Ierland se kaptein, Caelan Doris, sê vanjaar se toer van die Britse en Ierse Leeus na Australië bied ’n ander dimensie aan die Sesnasies. Hy glo die spelers sal alles uithaal in die jaarlikse kompetisie om oorweeg te word vir die Leeus-toer, wat net elke vier jaar plaasvind. Doris sê hoewel die sukses van die span belangrik is, kan individuele tweestryde verwag word. Ierland, wat die Sesnasies die vorige twee jaar gewen het, speel volgende naweek in die eerste ronde teen Engeland in Dublin.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-46-sent teen die dollar, 19-rand-28-sent teen die euro en 22-rand-83-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 104-duisend-885-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-761-dollar-50-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 78-dollar-83-sent per vat.
# En ten slotte: FNB Bank waarsku alle Suid-Afrikaners oor ‘n kommerwekkende nuwe neiging waar skuldberaders betrokke raak by bedrieglike en misleidende praktyke om desperate of niksvermoedende verbruikers in skuldhersiening te plaas. Dit gebeur sonder hulle volle medewete van wat die proses behels of wat die langtermyn-gevolge is. FNB se woordvoerder, Ester Ochse, versoek kliënte om met hul bank in verbinding te tree om te bepaal watter keuses is beskikbaar om hulle te help om hul skuldverpligtinge na te kom:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….