Nuus 14:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 21 Januarie 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA vra Ramaphosa om minister Khumbudzo Ntshavheni af te dank oor ‘n tenderskandaal van 2,5-miljoen-rand
# China hoop op samewerking met Amerika onder Trump se leierskap
# En rugby: Skotland stel twee medekapteins aan vir die Sesnasies na Tuipulotu se besering
# Die DA sê Suid-Afrikaners verdien ‘n kabinet sonder korrupsie. Die party vra president Cyril Ramaphosa om die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, af te dank. Dit volg na haar beweerde betrokkenheid by ‘n tenderskandaal van 2,5-miljoen-rand terwyl sy die munisipale bestuurder in Ba-Phalaborwa in Limpopo was. DA-woordvoerder Dianne Kohler Barnard sê daadwerklike optrede is nodig om openbare vertroue in die regering te herstel:
# Die regering van Lesotho het sy steun aan Suid-Afrika beloof met die repatriasie van die liggame van Basotho-burgers wat in die Stilfontein-myn in Noordwes vasgekeer was. Lesotho se minister van Binnelandse Sake, Lebona Lephema, het aan SABC News gesê hul ambassade wag op amptelike kommunikasie aangesien baie oorledenes onbekend is weens ‘n gebrek aan dokumentasie. Hy versoek die vinnige opsporing van Lesotho-vrystellingsdokumente om onwettige immigrasie te vermy:
# China sê hy hoop samewerking met Washington kan handelskwessies oplos nadat Donald Trump sy tweede presidentstermyn begin het. Hy het voorheen gedreig om streng tariewe op die Asiatiese reus in te stel. Die woordvoerder van Buitelandse Sake, Guo Jiakun, sê China is bereid om dialoog en kommunikasie met Amerika te versterk, verskille behoorlik aan te pak en wedersyds-voordelige samewerking uit te brei. Hy sê China hoop die twee lande sal saamwerk om gesamentlik bestendige, gesonde en volhoubare ontwikkeling van Chinees-Amerikaanse ekonomiese en handelsbetrekkinge te bevorder.
# Rugby: Finn Russell en Rory Darge is aangestel as medekapteins van Skotland vir die Sesnasiesreeks nadat die gereelde kaptein, Sione Tuipuloto, aan die kompetisie moes onttrek. Hy het sy borsspier beseer tydens oefening vir sy klub, Glasgow Warriors, en word dié week geopereer. Skotland speel die einde van die maand in die eerste ronde van die Sesnasies tuis teen Italië terwyl Frankryk teen Wallis te staan kom en Ierland teen Engeland.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-68-sent teen die dollar, 19-rand-30-sent teen die euro en 22-rand-84-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 102-duisend-635-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-720-dollar-58-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 78-dollar-60-sent per vat.
# En ten slotte: Die adjunk-nasionale direkteur van Openbare Vervolging, Rodney de Kock, is dood. Die 64-jarige is verlede maand met aggressiewe breinkanker gediagnoseer en het in die Mediclinic in Morningside, Johannesburg, beswyk. De Kock was die eerste swart prokureur-generaal in Suid-Afrika en was ook die hoof van die Regshulpraadkliniek by die Universiteit van Kaapstad. Hy was ook die voorsittende beampte van die Verkiesingshof in 1997. De Kock was ook stigterslid van die Nasionale Vereniging van Demokratiese Prokureurs.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….