Nuus 14:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 10 Januarie 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Grensbestuursowerheid slaan toe op onwettige immigrasie-fasiliteerders
# Kaapstadse burgemeester sê die ANC lieg oor die rede waarom sy verjaarsdagviering in Khayelitsha gehou word
# En, tennis: Alexander Zverev sê hy het die wilskrag om sy eerste Grand Slam by die Australiese Ope te wen
# Die Grensbestuursowerheid het verskeie fasiliteerders in hegtenis geneem vir hul hulp met onwettige immigrasie. Dit kom voor die laaste toeloop met skole wat volgende week heropen. Kommissaris Mike Masiapato gee erkenning aan gevorderde tegnologie vir die arrestasies en neem kennis van uitdagings met deurgangsbestuur. Masiapato het ook bevestig migrante wat langer as aangedui in Suid-Afrika gebly het, is verbied om weer die land binne te kom. Die fasiliteerders wat aangekeer is, sal strafregtelik aangekla word vir die bevordering van onwettige migrasie:
# Limpopo se LUR vir Gesondheid, Dieketseng Mashego, het die ontvoering, aanranding en verkragting van twee verpleegkundiges by die Chuene-kliniek veroordeel. Die departement se woordvoerder, Neil Shikwambana, sê gewapende mans het vroeg vanoggend drie veiligheidswagte oorrompel en vasgebind en twee verpleegsters ontvoer. Hy sê dit het om eenuur gebeur terwyl die verpleegkundiges op nagdiens was, maar hulle het eers teen vyfuur weer teruggekom:
# Kaapstadse burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê die ANC lieg oor die rede waarom sy 113de verjaardagvieringe in Khayelitsha gehou word. Volgens sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, is dit strategies aangesien die party weer bande met sy ondersteuners wil hernu. Hill-Lewis sê die ANC is onbevoeg en het te laat probeer om die Kaapstad- of Athlone-stadion te bespreek. Die Stormers speel in die Kaapstad-stadion en die Klopse-karnaval is in die Athlone-stadion. Hy sê die ANC het teen 5 Desember verlede jaar nog nie ‘n plek vir hul 8 Januarie-saamtrek bespreek nie.
# Moody’s Ratings sê Afrika suid van die Sahara sal na verwagting in 2025 met 4,2-persent groei, teenoor 3,8-persent in 2024. Volgens die verslag is dit danksy energie, beleggings in infrastruktuur en ‘n groeiende dienstesektor. Suid-Afrika en Nigerië is aan die voorpunt met hervormings wat kredietwaardigheid verbeter. Ten spyte van streeksuitdagings, bestendig fiskale konsolidasie vooruitsigte vir skuld. Sleutelaandrywers vir groei sluit in klimaat-kritieke kommoditeitsbeleggings, met Angola en Kongo wat voordeel trek uit nuwe olie- en gasprojekte. Die verslag waarsku ook dat omgewings- en politieke risiko’s voortduur.
# Tennis: Wêreld nommer twee, Alexander Zverev, sê hy het die wilskrag om sy eerste Grand Slam-toernooi te wen maar gee toe, Jannik Sinner is die oorweldigende gunsteling om sy Australiese Ope-titel te verdedig. Die Duitser benader die eerste Grand Slam-toernooi van die jaar met groot selfvertroue nadat hy in die onlangse maande die titels by die Rome en Parys Meesters 1000 ingepalm het. Maar ‘n Grand Slam-toernooititel ontwyk hom reeds bykans ʼn dekade lank. Hy was die naaswenner by die Amerikaanse Ope in 2020 en die Franse Ope verlede jaar.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-98-sent teen die dollar, 19-rand-55-sent teen die euro en 23-rand-35-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 94-duisend-881-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-682-dollar-96-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 78-dollar-34-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….