Nuus 14:00
BULLETIN 4 Maart 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Alliance of Citizens for Change is bo-aan die stembrief
# Die OVK waarsku oor streng strawwe vir partyleiers vir verkiesingsgeweld
# En, motorsport: Vettel skimp oor ‘n terugkeer na F1 na samesprekings met Mercedes
# Die party, Alliance of Citizens for Change, het die boonste posisie op die verkiesing-stembrief losgeslaan. Die voorsitter van die Verkieskingskommissie, Mosotho Moepya, het tydens die trekking op die Gallagher-landgoed in Midrand, Johannesburg, die onafhanklike kandidaat Zackie Ahmat se naam in die eerste trekking gekies. Die proses is egter geskrap omdat onafhanklike kandidate nie veronderstel is om in dieselfde trekking te wees as politieke partye nie. Moepya het om verskoning gevra vir die fout:
Intussen het die Verkiesingskommissie beklemtoon partyleiers sal aanspreeklik gehou word vir enige geweld of intimidasie deur partylede tydens die verkiesing. Die hoofverkiesingsbeampte, Sy (Saai) Mamabolo, het ‘n beroep op leiers gedoen om hul lede op te voed oor die Verkiesingsgedragskode en die gevolge daarvan. Hy waarsku oor streng strawwe vir partye wat die kode oortree:
# ActionSA bly diep bekommerd oor die ondoeltreffendheid by Binnelandse Sake wat betref die agterstand met die uitreik van slimkaart-identiteitsdokumente. Minister Aaron Motsoaledi het in November verlede jaar op ‘n vraag in die Parlement gesê daar is landwyd meer as 500-duisend onopgeëiste ID-slimkaarte. Lerato Ngobeni van ActionSA pleit by die departement vir ‘n spoedige oplossing sodat kwalifiserende burgers nie hulle reg tot amptelike dokumente ontsê word wat hulle bemagtig om waardige lewens te lei nie.
# Motorsport: Die Duitse jaer Sebastian Vettel word genoem as die moontlike plaasvervanger van Lewis Hamilton by die Formule Een-span Mercedes. Die Brit het vroeër vanjaar aangekondig hy sal volgende seisoen by Ferrari aansluit, en Mercedes het nog nie nog ‘n renjaer aangekondig nie. Die 36-jarige Vettel het na die 2022-seisoen uitgetree na vier agtereenvolgende titels vir Red Bull van 2010 tot 2013, en het ook gejaag vir Ferrari en Aston Martin. Hy het volgens berigte geskimp oor ‘n terugkeer na onlangse samesprekings met Mercedes se uitvoerende hoof, Toto Wolff.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-61-sent teen die dollar, 20-rand-21-sent teen die euro en 23-rand-57-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-297-dollar-70-sent. Die prys van goud is twee-duisend-293-dollar-24-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 89-dollar-24-sent per vat.
# En, die Raad van die Universiteit van die Wes-Kaap het professor Robert Balfour vanaf 1 Januarie volgende jaar amptelik aangestel as rektor en visekanselier. Hy is tans adjunk-visekanselier vir Onderrig en Leerwerk aan die Noordwes-Universiteit. Die UWK se woordvoerder, Gasant Abarder, sê met talle eerbewyse, insluitend om erken te word as ‘n Nasionale Navorsingstigting-gegradeerde akademikus, is Balfour se toewyding aan die bevordering van taal-leer, landelike onderwys en post-koloniale literatuur uitsonderlik:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….