Nuus 14:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 12 Desember 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# BOSA het ‘n grootmoedige visie vir Suid-Afrika na’n baanbrekerjaar
# ActionSA sê die opgeblase kabinet-uitbreiding kos meer as ‘n-miljard-rand
# En, sokker: Amnestie Internasionaal kritiseer die besluit om 2034 se Wêreldbekertoernooi in Saoedi-Arabië te hou
# Build One South Africa sê hy het indrukwekkende mylpale bereik in sy eerste jaar in die Parlement en die Gautengse wetgewer, met die fokus op werksgeleenthede, onderwys, openbare veiligheid en die stryd teen korrupsie. Die party het kwessies soos mislukkings met skoolinfrastruktuur, watertekorte en stygende elektrisiteitskoste aangepak. BOSA se leier, Mmusi Maimane, sê met meer as sewe-duisend nuwe lede, is die party gereed om voor 2026 se plaaslike regeringsverkiesing uit te brei en etiese leierskap na gemeenskappe te bring.
# ActionSA het sy beroep herhaal vir ‘n lenige, doeltreffende kabinet van hoogstens 20 ministers, met alle adjunkministerposisies wat geskrap word. Die party het onthul dat die land se opgeblase kabinetsuitbreiding belastingbetalers jaarliks sal belas met ‘n bykomende 239-miljoen-rand, en gesamentlik meer as ‘n miljard-rand vir die huidige termyn. Die totstandkoming van die regering van nasionale eenheid het die kabinet van 30 tot 32 ministers laat groei en van 36 tot 43 adjunkte. Athol Trollip van ActionSA sê dit is ‘n skokkende finansiële las op belastingbetalers:
# Mediese beroepslui het voorstelle by president Cyril Ramaphosa ingedien waarin die Nasionale Gesondheidsversekering onuitvoerbaar genoem word. Die Universal Healthcare Access Coalition stel verpligte mediese skema-lidmaatskap voor vir hoë verdieners, ‘n staatsondersteunde skema vir mededinging met privaat keuses en onafhanklike hospitaalbestuur. Die koalisie stel bydraes van die privaat sektor met belastingbefondsing voor om billike gesondheidsorg te bewerkstellig. Kritici voer aan die NGV kan hulpbronne en beroepslui oorlaai, maar ‘n alternatiewe hervorming kan ‘n meer volhoubare pad na omvattende gesondheidsorg bied.
# Rand Water sê hy begin môre met sy volgende beplande instandhoudingswerk aan infrastruktuur wat die Zwartkopjes- en Eikenhofstelsels in Johannesburg sal raak. Water sal 36 uur lank teen 70-persent gepomp word terwyl ’n lekplek op die Zuikerbosch-pyplyn herstel word. Rand Water se woordvoerder, Makenosi Maroo, sê by die Eikenhof-wateraanleg sal ’n buigsaamheidsprojek uitgevoer word wat 86 uur sal duur terwyl pompvermoë tot 20-persent verlaag word:
# Sokker: Amnestie Internasionaal sê die wêreldbeheerliggaam, Fifa, se besluit om 2034 se Wêreldbekertoernooi in Saoedi-Arabië te hou sonder om voldoende beskerming vir menseregte te verseker, gaan lewens in gevaar stel. Die land word beskuldig dat hy die afgelope jare ongekende bedrae geld aan sport bestee het om sy reputasie te verbeter wat menseregte en omgewingsuitwerking betref. Die organisasie sê Fifa weet werkers gaan uitgebuit word en selfs sterf sonder basiese hervormings, maar verkies nogtans om voort te gaan.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-62-sent teen die dollar, 18-rand-52-sent teen die euro en 22-rand-49-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 100-duisend-618-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-712-dollar-84-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 73-dollar-40-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….