Nuus 14:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 18 November 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Fikile Mbalula sê ANC-lede herbou die party
# Die GOOD-party sê Suid-Afrikaners kan nie Eskom se skerp verhoging van 36-persent bekostig nie
# En, rugby: Vier Springbokke is benoem vir Wêreldrugby se jaarlikse toekennings
# Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die party se lede sal die organisasie tot sy eertydse glorie herbou. Mbalula het ‘n werksvergadering van die party in Boksburg toegespreek. Hy sê lidmaatskap en leierskap kan nie gekoop word nie, dit word verdien. Daar moet onderskeid getref kan word tussen die revolusionêres en die vigilantes. Hy sê hulle versterk die organisasie en om dit te kan doen, moet daar sekere besluite geneem word:
# Die GOOD-party sê toegang tot elektrisiteit is ’n basiese reg en in die huidige ekonomiese klimaat kan Suid-Afrikaners eenvoudig nie Eskom se skerp tariefverhoging van 36-persent bekostig nie. Brett Herron van die GOOD-party sê dit is die DA-geleide regering in Kaapstad wat verbruikers onder druk plaas met buitensporige en onwettige tariewe. Hy sê GOOD sal vandag buite die NERSA-verhoor in Kaapstad betoog:
# Die balju van die Hooggeregshof sal op 5 Desember 18-miljoen-rand se bates van die Padongelukkefonds opveil nadat eise nie betaal is nie. Die fonds se woordvoerder, McIntosh Polela, het aan The Citizen bevestig die meeste beslagleggings sal in Oos-Londen en Johannesburg plaasvind. Polela het die fonds se finansiële uitdagings bevestig, insluitend die huur van toerusting om beslaglegging te vermy. Kritici het intussen die fonds beskuldig van wanbestuur, omdat daar ‘n agterstand van 321-duisend eise is wat nog nie verwerk is nie.
# Rugby: Vier Springbokke is benoem vir Wêreldrugby se jaarlikse toekennings. Suid-Afrika se mees ervare toetsspeler, Eben Etzebeth, Cheslin Kolbe en Pieter-Steph du Toit sal teen Caelan Doris van Ierland te staan kom vir die Mans Vyftiens Speler van die Jaar wanneer die wenners Sondagaand in Monaco aangekondig word. Sacha Feinberg-Mngomezulu kan as die Mans Vyftiens Deurbraakspeler van die Jaar aangewys word. Die ander benoemdes in hierdie kategorie is Jamie Osborn van Ierland, Wallace Sititi van Nieu-Seeland en Immanuel Feyi-Wabaso van Engeland.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-10-sent teen die dollar, 19-rand-11-sent teen die euro en 22-rand-86-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 91-duisend-854-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-592-dollar-15-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 70-dollar-46-sent per vat.
# Ten slotte: Die Hollywood supersterre Dwayne “The Rock” Johnson en Chris Evans se rolprent Red One het meer as ses-miljard-rand by meer as vier-duisend teaters in Noord-Amerika in sy loketdebuut verdien. Red One is die eerste behoorlike Kersfeesrolprent wat in teaters vertoon word sedert die Covid-19-pandemie van 2020. The Grinch het in 2018 geopen. Die rolprent kan strawwe mededinging verwag van nuwe vrystellings, insluitend die langverwagte rolprent van Universal, Wicked, Paramount se Gladiator 2 en Walt Disney Animation se Moana 2.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….