Nuus 14:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 2 Oktober 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Naledi Pandor kritiseer Julius Malema vir sy bewering dat sy ‘n lening van VBS Mutual Bank ontvang het
# Die DA in Gauteng is op pad hof toe oor Johannesburg se BBP-beskermingsbeleid
# En, tennis: Aryna Sabalenka wen haar 15de agtereenvolgende wedstryd en bereik die kwarteindronde in Beijing
# Die voormalige minister van Internasionale Betrekkinge en Samewewerking, Naledi Pandor, sê die EFF-leier, Julius Malema, het gelieg toe hy beweer het sy het ‘n lening van VBS Mutual Bank ontvang. Malema het dit verlede maand aan die SABC gesê. Pandor eis dat hy die vals bewering terugtrek en haar in die openbaar om verskoning vra. Sy sê by monde van haar regsverteenwoordiger, Malema sê hy verstaan dat sy opmerking as kras ervaar is, maar dit was bedoel om tot ‘n openbare gesprek oor die VBS-skandaal by te dra.
# Die DA in Gauteng het die howe genader want hy wil die Stad Johannesburg se BBP-beskermingsbeleid en die gevolglike raadsbesluit om dit goed te keur, as irrasionaleel, onwettig en ongrondwetlik laat verklaar. Die beleid laat toe dat elk van die 270 raadslede en ander komiteelede toegang tot twee BBP-sekerheidswagte kry sonder ‘n risiko-evaluering deur die polisie. Belinda Kayser-Echeozonjuku van die DA sê die metro het nie die nodige prosedure gevolg nie:
# Die Stad Kaapstad se burgemeesterskomitee het ‘n openbare deelnameproses vir die vrystelling van gedeeltes van die Mowbray-gholfbaan vir gemengde ontwikkeling goedgekeur. Die gholfbaan is noord van die N2-snelweg en bied maklike toegang tot sleutel-werkplekke, geriewe en woongebiede. Die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê die gedeeltes van die eiendom wat uitgesonder is vir ontwikkeling, is 4,2-hektaar en het ‘n markwaarde van 171-miljoen-rand:
# Die Israelse Leër het ‘n beroep gedoen vir die ontruiming van nog dorpe in die suide van Libanon, ‘n dag ná ‘n soortgelyke ontruimingsversoek nadat die Weermag die begin van grondaanvalle aangekondig het. Militêre woordvoerder Avichay Adraee het in ‘n plasing op sosiale media ‘n beroep op inwoners gedoen om meer as 20 nuwe dorpe in die suide van Libanon te ontruim. Die Libanese media sê ‘n Israeliese aanval het vandag Beiroet se suidelike voorstede geteiken, ná ‘n nag van herhaalde aanvalle op die gebied, waar Hizbollah heers.
# Tennis: Die wêreld nommer twee, Aryna Sabalenka van Belarus, het haar 15de agtereenvolgende wedstryd gewen om die kwarteindronde van die Chinese Ope te bereik. Die topgekeurde het maklik afgereken met die Amerikaner Madison Keys en kom volgende teen die Tsjeggiese speler Karolina Muchova te staan vir ‘n plek in die voorlaaste ronde. Die Amerikaanse Ope-kampioen sal ʼn belangrike stap nader beweeg om Iga Swiatek aan die bopunt van die ranglys verby te steek indien sy die toernooi inpalm. Swiatek speel nie in Beijing nie.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-41-sent teen die dollar, 19-rand-28-sent teen die euro en 23-rand-15-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-245-dollar-37-sent. Die prys van goud is twee-duisend-652-dollar-75-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 75-dollar-61-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….