Nuus 14:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 19 September 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Ekonoom voorspel hoofinflasie kan hierdie maand tot onder 4% daal
# Giwusa verwelkom die afname in verbruikersprysinflasie
# En, rugby: Rassie Erasmus verwag heelwat flair en fisieke teenwoordigheid van Lukhanyo Am op binnesenter
# ‘n Senior ekonoom by FNB, Koketso Mano, sê hoofinflasie kan in September tot onder vier-persent daal omdat swak plaaslike aanvraag kerninflasie in toom hou en dalende brandstofkoste tot laer vervoerkoste lei. Statistieke Suid-Afrika het Woensdag Augustus se inflasie-data bekendgemaak. Daarvolgens het inflasie in Augustus tot 4,4-persent gedaal teenoor die 4,6-persent in Julie. Dis die laagste vlak sedert 2021. Mano sê swak aktiwiteit wêreldwyd en druk op voorsiening het die swakker oliepryse ondersteun wat voordelig was vir petroleumpryse:
Die nywerheidsvakbond, Giwusa, het ondertussen die afname in die jaarlikse verbruikersprysinflasie vir Augustus verwelkom. Giwusa se woordvoerder, Koketso Phasha, sê op 4,4-persent is hierdie die land se laagste inflasiekoers in drie jaar. Hy sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank moet rentekoerse nou dringend en dramaties verlaag, omdat inflasie nie langer as ‘b verskoning gebruik kan word nie:
# Die onthoring van renosters in die Hluhluwe-iMfolozi Park in KwaZulu-Natal, het gelei tot ‘n 80-persent afname in stropery sedert April 2024. Die proses, ‘n samewerking tussen Ezemvelo KZN Wildlife en die WWF, het meer as 120 volwasse renosters en agt weeskalwers gered. Misdaadsindikate teiken egter steeds die swakhede in die stelsel ten spyte van hierdie sukses. Verbeterde veiligheidsmaatreëls, insluitend kameras en spoorsnyhonde, word ontplooi om vordering te handhaaf en die renosterbevolking te beskerm.
# Die onteerde Hollywood-magnaat, Harvey Weinstein, het onskuldig gepleit op aanklag van ‘n seksuele misdaad, byna vyf maande nadat sy skuldigbevinding aan seksmisdade in New York van die rol geskrap is. Die 72-jarige Weinstein, wat van ‘n noodhartoperasie herstel, het in ‘n rolstoel in die hof verskyn. Jurielede het Weinstein in Februarie 2020 skuldig bevind aan verkragting en seksuele aanranding. Die Appèlhof in New York, het Weinstein se skuldigbevinding en 23-jaar vonnis egter in April uitgegooi en sê hy het nie ‘n regverdige verhoor gehad nie.
# Rugby: In die voorlaaste ronde van die Rugbykampioenskap is Australie Saterdag gasheer tuis vir Nieu-Seeland in Sydney terwyl die Springbokke Argentinië in Santiago besoek. Die Springbokke het tien veranderings aan hulle opdrafspan gemaak met Lukhanyo Am op binnesenter pleks van sy gewone plek op buitesenter. Afrigter Rassie Erasmus glo Am kan flair en fisieke teenwoordigheid bring:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-42-sent teen die dollar, 19-rand-46-sent teen die euro en 23-rand-12-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-466-dollar-65-sent. Die prys van goud is twee-duisend-589-dollar-7-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-29-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….