Nuus 14:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 16 September 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ActionSA-leier kondig sy uittrede uit die Tshwane-koalisie aan
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement sê hy vorder om gesondheidsgeriewe gereed te kry vir die NGV # En, die Statebondspele: Nog steun vir Glasgow se bod om aan te bied in 2026
# ActionSA se leier, Herman Mashaba, het die party se besluit om die Tshwane-koalisie te verlaat aangekondig, met verwysing na wanbestuur en die misbruik van openbare vertroue. Die party ondersoek tans nuwe koalisiegeleenthede, maar sal ‘n opposisieparty word indien ‘n geskikte vennoot nie gevind word nie. Volgens Mashaba bly ActionSA verbind tot onafhanklikheid, nie-rassigheid en skoon bestuur, en verwerp enige koalisie wat korrupsie goedpraat. Die party sal voortdurend inligting gee oor moontlike nuwe alliansies en sal sy verbintenis tot skoon bestuur op alle vlakke behou.
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement sê hy maak sy gesondheidsfasiliteite gereed om aan die Nasionale Gesondheidsversekering se vereiste standaarde te voldoen. Tans voldoen 22 van die 36 gemeenskapsgesondheidsentrums en 14 van die 37 hospitale wat ondersoek is, daaraan. Die departement se woordvoerder, Khutso Rabothata, sê NGV sal toegang tot gesondheidsdienste verbeter:
# Die Landdroshof op Vredenburg het die Joshlin Smith-saak tot 21 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek. Die Wes-Kaapse woordvoerder van die NVG, Eric Ntabazalila, sê nuwe getuienis moet hersien word. Joshlin se ma, Kelly Smith, kêrel Jacquin Appollis, en twee ander word aangekla van mensehandel en ontvoering. Ntabazalila sê die saak sal eersdaags na die Hooggeregshof oorgeplaas word:
# Statebondspele: Australië se aanbod van multimiljoen-dollar se steun vir Glasgow se bod om die Spele in 2026 aan te bied, word verwelkom deur die president van die federasie, Chris Jenkins. Die staat, Victoria, het verlede jaar onttrek weens onsekerheid oor die kostes. Die geleentheid met sy verskeie sportsoorte sukkel om ‘n gasheer te kry. Maleisië wou nie byt om dit aan te bied nie en Alberta in Kanada wil nie meer in 2030 verantwoordelik wees nie. Die beheerliggaam Statebondspele Skotland sê die Glasgow-geleentheid sal kleiner wees om die begroting te verminder.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-65-sent teen die dollar, 19-rand-64-sent teen die euro en 23-rand-31-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 58-duisend-567-dollar-67-sent. Die prys van goud is twee-duisend-584-dollar-97-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 71-dollar-86-sent per vat.
# Ten slotte: Die veteraan-akteur Sello Motloung is in die ouderdom van 53 oorlede. Sy familie het sy dood in ‘n verklaring bevestig en sê Motloung sal gemis en vir ewig onthou word as een van Suid-Afrika se legendes. Huldeblyke aan die bekende akteur stroom in op sosiale media met medekunstenaars wat sy talent en toewyding besing. Hy word geloof as ‘n legende wie se werk toekomstige generasies sal inspireer. Motloung is veral bekend vir sy rolle in die televisiereekse Backstage, Mamello en Ring of Lies.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….