Nuus 14:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 12 September 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die baasbrein agter Taliep Petersen se moord, Najwa Dirk, kry parool
# Die minister van Onderwys sal die BELA-wetsontwerp instel nadat dit wet word
# En, motorsport: McLaren gee voorkeur aan Norris in sy bestuurderskampioenskap-stryd
# Najwa Dirk, wat skuldig bevind is aan die moord op haar man, die musiek-ikoon Taliep Petersen, in 2006, is na 18-jaar parool toegestaan. Haar vrylating, onder streng paroolvoorwaardes, kan appelleer word deur Petersen se familie. Dirk se parool volg op uitvoerige beoordeling van haar geestes- en emosionele toestand. ‘n Gemeenskaps-imbizo in Athlone, Kaapstad, sal na verwagting haar parool bespreek. Dirk is steeds in die Pollsmoor-gevangenis in die stad, met die Departement van Korrektiewe Dienste wat nog amptelik die besluit moet bevestig.
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê haar departement sal die BELA-wet instel as president Cyril Ramaphosa dit môre onderteken. Dit gebeur nadat die DA-leier, John Steenhuisen, gewaarsku het die ondertekening kan die regering van nasionale eenheid bedreig. Ondanks die omstredenheid het Gwarube amptenare op ‘n slypskool verseker dis tyd dat die wetsontwerp ingestel word, wat aandag gee aan toegang tot graad R en tuisonderrig-regulasies:
# Die GOOD-party verwelkom die inhegtenisneming van die DA se voormalige Kaapstadse burgemeesterskomiteelid vir Menslike Nedersettings, Malusi Booi. Hy en sewe ander medebeskuldigdes staan tereg op aanklagte van rampokkery, geldwassery, korrupsie en afpersing. Dit hou verband met korrupsie in die metro se Direktoraat Menslike Nedersettings. Suzette Little van die GOOD-party sê die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, moet duidelikheid verskaf aangesien amptenare reeds in 2020 ongerymdhede uitgewys het:
# Motorsport: McLaren se Formule Een-spanhoof, Andrea Stella, sê pogings om Lando Norris te steun in die bestuurderskampioenskap, sal volgens die span se beginsels vir sportmanskap en regverdigheid plaasvind. Die span sal voorkeur gee aan Norris bo Oscar Piastri in hul stryd om die bestuurders- sowel as die vervaardigerskampioenskap te wen. Norris spring die naweek in Azerbeidjan se Grand Prix weg met ‘n agterstand van 62 punte teenoor Max Verstappen van Red Bull. Die gewese wêreldkampioen Nico Rosberg sê dis alles nuut vir McLaren:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-98-sent teen die dollar, 19-rand-82-sent teen die euro en 23-rand-49-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 58-duisend-74-dollar-66-sent. Die prys van goud is twee-duisend-520-dollar-68-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 71-dollar-80-sent per vat.
# En ten slotte: Die ANC het die voormalige minister van Openbare Ondernemings en ‘n staatmaker in die apartheidstryd, Pravin Gordhan, ‘n vinnige en volkome herstel toegewens. Die Gordhan-familie het Dinsdag aangekondig die 75-jarige is in die hospitaal opgeneem. Die ANC se woordvoerder, Zuko Godlimpi, sê gedurende hierdie tyd van gesondheidsuitdagings, is die party se gedagtes en gebede by die familie, en hy is vol vertroue die krag en vasberadenheid wat Gordhan besit, sal hom deur hierdie tydperk dra. Hy sê hulle sien uit na sy volle herstel en voortgesette bydrae tot die beweging.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….