Nuus 14:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 30 Augustus 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die polisie sê daar was ‘n toename in verkragtingsake wat aangemeld is
# Die Cradock Vier-hofsaak word tot volgende week uitgestel
# En, rugby: Die Wallabies se afrigter is onder yslike druk voor die naweek se kragmeting met die Pumas
# Die ministerie van Polisie sê daar was ‘n toename in die aantal verkragtingsake wat by owerhede aangemeld word. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het die misdaadstatistiek vir die vierde kwartaal van die 2023/’24-boekjaar en die eerste kwartaal van die 2024/’25-boekjaar bekend gemaak. Die woordvoerder, Thulare Sikhukhune, het op die inligtingsvergadering gesê die aangemelde sake het van nege-duisend-252 tot nege-duisend-309 toegeneem:
# Die langverwagte heropening van die ondersoek na die moorde op die anti-apartheid-aktiviste, die Cradock Vier, in 1985, sal na verwagting volgende week in die Hooggeregshof in Gqeberha begin. Die vertraging spruit voort uit die regspanne van voormalige polisie- en Leër-getuies wat sê hulle het nie genoeg tyd gehad om voor te berei nie, en ook ‘n gebrek aan staatsbefondsing. Die naasbestaandes wat 40 jaar later geregtigheid wil laat geskied, sê hulle is gefrustreer met nog ‘n terugslag in die saak.
# Saftu sê die regering moet sy hand versterk in optrede teenoor boere wat almal meestal rassisties is teenoor swart mense. Woordvoerder Mogoshadi Maserumule sê dit vereis van die Departement van Indiensneming en Arbeid om te verseker inspeksies word gereeld op plase gedoen om te verseker daar word voldoen aan arbeidswetgewing, regulasies en standaarde. Sy sê die polisie moet ook optree in gevalle van aanranding deur boere op werknemers en verbygangers, wat dikwels verwaarloos word:
# Die burgerregte-organisasie Kaapse Forum waarsku die Wes-Kaapse Onderwysdepartement se besluit om volgende jaar meer as twee-duisend onderwysposte te besnoei, gaan ernstige gevolge vir die provinsie inhou. Hy waarsku die besnoeiing weens ‘n begrotingstekort van 3,8-miljard-rand, kan lei tot laer onderriggehalte, groter klasse, ʼn toename in misdaad en laer ekonomiese groei. Hy sê ʼn federale benadering tot onderwys in die provinsie kon die gevolge van die departement se drastiese besluit verlig het.
# Rugby: Die Wallabies se afrigter, Joe Schmidt, is onder groot druk voor die naweek se Rugbykampioenskapstoets teen die Pumas in La Plata. Australië is heel onder aan die punteleer na twee groot nederlae teen die Springbokke, terwyl Argentinië slegs een punt agter die All Blacks is teen wie hulle eers gewen en toe verloor het. Schmidt sê hy probeer die diepte van sy spelersgroep vergroot. Die Pumas hoop om die veteraan-haker, Agustin Creecy, se loopbaan op ‘n hoë noot voor sy tuisskare af te sluit.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-65-sent teen die dollar, 19-rand-56-sent teen die euro en 23-rand-26-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 59-duisend-645-dollar-86-sent. Die prys van goud is twee-duisend-521-dollar-25-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 78-dollar-75-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….