Nuus 14:00
BULLETIN 19 Maart 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC beklemtoon regmatigheid vir ‘n vrye en regverdige verkiesing
# President Ramaphosa onderstreep infrastruktuurbelegging vir ekonomiese groei
# En, tennis: Emma Raducanu onttrek aan Miami met ‘n rugbesering
# Die ANC sê hy ontken nie die bestaan van die uMkhonto we Sizwe-party, sy logo en kentekens nie, maar staan die registrasieprosedure teen. Die party, wat gesteun word deur oudpresident Jacob Zuma, kom in die Verkiesingshof in Bloemfontein te staan teen die ANC, wat sy wettigheid bevraagteken. Zuma en die voormalige minister van Finansies, Des van Rooyen, is daar, asook die stigter, Jabulani Khumalo. Die ANC se regsverteenwoordiger, Sesi Baloyi, beklemtoon wettigheid in ‘n verkiesing, en vra die hof om duidelikheid te gee oor die Onafhanklike Verkiesingskommissie se hantering van aanvullende party-aansoeke:
# President Cyril Ramaphosa het die belangrikheid beklemtoon van belegging in infrastruktuur vir Suid-Afrika se ekonomiese groei. Hy het gepraat op die Volhoubare Infrastruktuurontwikkelings-konferensie in Kaapstad en die behoefte onderstreep aan openbare-privaat-vennootskappe om infrastruktuurgeleenthede te ontgin. Die simposium word aangebied deur die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur. Ramaphosa sê dit wil gesprekke rig oor regulasie-hervormings en vernuwende befondsingsmodelle:
# Johannesburg Water sê hy gaan voort met ingrypings om watervoorsiening te bevorder en stelsels te balanseer ten einde billike verspreiding te verseker. Die langdurige hittegolf en ‘n gebrek aan reën oor die vorige paar weke het die aanvraag aansienlik verhoog, met laer reservoirvlakke. Daar is ‘n effense verbetering in die Kommandostelsel, maar die stelsel is steeds onder druk. Die Sentrale Stelsel is ook besig om te verbeter, maar die Soweto-stelsel is onder druk weens die groot aanvraag en warm weer.
# Tennis: Die Amerikaanse Ope-kampioen van 2021, Emma Raducanu, het ‘n laerugbesering opgedoen wat haar uit die Miami Ope gaan hou. Die Britse speler het as 18-jarige op Flushing Meadows gewen, maar sy word sedertdien deur beserings gery wat verhinder dat sy haar volle potensiaal bereik. Sy moes verskeie operasies aan haar polse en enkels ondergaan voor haar terugkeer in Australië vroeër vanjaar. Raducanu het verlede week tot die derde ronde van die Indian Wells-toernooi gevorder.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-96-sent teen die dollar, 20-rand-56-sent teen die euro en 24-rand-3-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-117-dollar-8-sent. Die prys van goud is twee-duisend-155-dollar-64-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 86-dollar-60-sent per vat.
# En, die welvaartbestuurder Citadel het weereens ‘n veldtog gelei om meer as 2,2-miljoen-rand vir behoeftige kinders regoor Suid-Afrika in te samel. Dié filantropiese veldtog is reeds ses jaar oud en het ‘n beduidende uitwerking op begunstigdes soos die onkologie-afdeling van die Rookruis-kinderhospitaal en die Blair Atholl-kleuterskool. Die veldtog werk vanjaar saam met Ronan Keating en die uitgetrede gholfspeler, Gary Player. Die uitvoerende hoof, Andrew Möller, het Suid-Afrikaners bedank vir die oorweldigende reaksie en bydraes.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….