Nuus 14:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 12 Augustus 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Mpumalanga se LUR vir Gemeenskapsveiligheid is bekommerd oor die aantal botsings waarby leerders betrokke is
# Die Gautengse Onderwysdepartement hanteer skole wat te veel aansoeke ontvang het
# En, Olimpiese Spele: Die Parlement se Sportkomitee sê Suid-Afrika is gereed om gasheer te wees
# Mpumalanga se LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Sekerheid en Skakeling, Jackie Macie, is bekommerd oor die onlangse aantal botsings waarby leerders in die provinsie betrokke was. Drie mense, insluitend ‘n leerder, is dood toe ‘n midi-bus, ‘n bakkie en ‘n vragmotor vanoggend op die D2296-pad tusen Karino en Mbombela gebots het. Die departement se woordvoerder, Moeti Mmusi, sê die midi-bus het leerders vervoer wat op pad na verskeie skole in Mbombela was.
# Die Gautengse Onderwysdepartement sê hy het verskeie gebiede geïdentifiseer waar skole ‘n oorweldigende aantal aansoeke vir 2025 ontvang het, ver bo hulle beskikbare vermoë. Dit is volgens aanlyn aansoeke vir graad een en graad agt. Laerskool Akasia in Tshwane-Wes het een-duisend-418 aansoeke vir graad een ontvang, maar het plek vir slegs 240. Die LUR, Matome Chiloane, sê plasing is onderworpe aan die voorkeure van plasingskriteria en beskikbare plek:
# Die hoofekonoom van Agbiz, Wandile Sihlobo, steun die skepping van ‘n snelreaksiespan om die waarneming van bek-en-klou-seer te verbeter. Na die uitbreking op 30 plase regoor die Kouga- en Kou-Kamma-munisipaliteite het die Departement van Landbou dit tot ‘n Siektebestuursgebied verklaar. Kwarantyn en inentingpogings is vir 92-duisend beeste en 600 skape ingestel. Sihlobo het ‘n beroep op boere gedoen om biosekerheid op hulle plase toe te pas:
# Olimpiese Spele: Die Parlement se portefeuljekomitee oor Sport, Kuns en Kultuur sê Suid-Afrika is gereed om die geleentheid aan te bied. Hy doen ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee om vorendag te kom met ‘n aanbieding en ‘n produktiewe plan vir die Spele. Die komitee se voorsitter, Joe McGluwa, sê Suid-Afrika het groot geleenthede soos die Wêreldbeker-sokkertoernooi suksesvol aangebied, en die land kan dit weer doen:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-20-sent teen die dollar, 19-rand-90-sent teen die euro en 23-rand-23-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 58-duisend-276-dollar-87-sent. Die prys van goud is twee-duisend-441-dollar-63-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 80-dollar-33-sent per vat.
# En ten slotte: Wetenskaplikes het ‘n merkwaardig maklike manier ontdek om skadelike mikroplastiek uit water te haal – deur dit te kook. Wetenskaplikes sê indien water voor gebruik gekook word, kan dit tussen 25- en 90-persent van die mikroplastiek daarin verwyder. Die span van die Guangzhou-universiteit in China sê hierdie eenvoudige kookstrategie kan nano- en mikroplastiek uit kraanwater suiwer en beskik oor die potensiaal om die menslike inname van plastiek deur water skadeloos te laat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….