Nuus 14:00
BULLETIN 15 Maart 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die OVK verseker verkiesingsveiligheid met sy Natjoints-ontplooiing
# Die meeste van Johannesburg se waterstelsels is weer in werking
# En rugby: Ierland se span is onveranderd gelaat vir môre se beslissende Sesnasies-wedstryd teen Skotland
# Die uitvoerende hoof van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, Sy Mamabolo, het die ontplooiing van die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur bevestig om die algemene verkiesing in Mei te beskerm. Mamabolo het by die Nasionale Persklub Natjoints se rol in die versekering van die veiligheid van die verkiesingsproses in al nege provinsies beklemtoon. Hy het ook ‘n streng waarskuwing uitgereik en sê enige pogings om die proses te ontwrig sal tot inhegtenisneming en vervolging lei:
# Cosatu sê die regering moet krediet kry vir die toekenning van 60-persent van die begroting aan maatskaplike salarisse en beleggings in werkersklas-gemeenskappe. Cosatu meen dit is van kritieke belang om te verseker dat niemand agtergelaat word nie en dat daar ‘n mate van bestendigheid en maatskaplike samehorigheid is, terwyl werk voortgaan om struikelblokke vir ekonomiese groei te verwyder. Cosatu se waarnemende woordvoerder, Matthew Parks, sê die vakbond verwelkom die klein verhoging wat die regering toegestaan het in die maatskaplike verligtings-noodtoelaag vanaf 1 April:
# Johannesburg Water se bedryfsbestuurder, Logan Munsamy, sê die meeste van die stad se waterstelsels het verbeter en is weer in werking. Munsamy het die jongste inligting gegee oor stelsels wat geraak is deur voorvalle wat by die Eikenhof-pompstasie plaasgevind, en gelei het tot ontwrigting in watertoevoer regdeur die stad. Hy sê die Kensington B-reservoir is uiters bestendig op 70-persent en die Blairgowrie-reservoir, wat water aan Randburg verskaf, is nou op 65-persent:
# Russe het vandag begin stem in ‘n drie-dae-lange presidentsverkiesing wat die veteraanleier, Vladimir Putin, nog ‘n termyn van ses-jaar mag gee namate die konflik wat in Oekraïne woed, verder na Russiese grondgebied uitbrei. Putin is sedert die laaste dag van 1999 aan bewind as president of eerste minister. Die voormalige KGB-agent beskou die verkiesing as ‘n bewys van Russe se trou en ondersteuning vir sy militêre aanval op Oekraïne, tans in sy derde jaar. Stemlokale het vroegoggend geopen in die land, wat oor elf tydsones strek.
# Rugby: Ierland se hoofafrigter, Andy Farrell, het ‘n onveranderde span aangewys vir môre se beslissende Sesnasies-wedstryd teen Skotland in Dublin. Terwyl verlede naweek se nederlaag teen Engeland Ierland se droom beëindig het om die eerste span te word wat opeenvolgende Grand Slams wen, sal hulle die Sesnasies-reekstitel behou deur ’n nederlaag te vermy óf twee bonuspunte te verseker. Farrell verwag ‘n opwindende stryd:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-68-sent teen die dollar, 20-rand-36-sent teen die euro en 23-rand-84-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-571-dollar-77-sent. Die prys van goud is twee-duisend-170-dollar-13-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 84-dollar-81-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….