Nuus 13:00
BULLETIN 13 Februarie 1nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ActionSA se president kondig premierskandidate aan vir drie provinsies
# Die GOOD Party sê Suid-Afrika het nog ‘n lang pad om te stap na ware gelykheid
# En Krieket: Die Proteas toon verbetering op dag een van die tweede toets teen Nieu-Seeland
# ActionSA se president, Herman Mashaba, sê die komende algemene verkiesing bied ‘n besondere geleentheid om die regerende ANC se bewind van drie dekades te beëindig. Die party het sy premierskandidate bekendgemaak vir Mpumalanga, die Oos-Kaap en die Vrystaat nadat hy vroeër reeds kandidate in vier ander provinsies bekend gemaak. Volgens Mashaba het ActionSA meer as 500-duisend stemme in ses munisipaliteite ontvang, al is die party slegs ‘n jaar voor 2021 se plaaslike regeringsverkiesing gestig:
# Die GOOD Party in die Wes-Kaap sê Suid-Afrika moet nog ‘n lang pad stap om ware gelykheid, vryheid en geregtigheid te bereik. Die 20-jarige Diego Jacobs is ʼn gay man wat vroeër die maand in ʼn vermeende haatmisdaad in Delft doodgesteek is. Die party sê dis ondenkbaar dat jong mans in Suid-Afrika, waar die Grondwet alle burgers se regte waarborg, steeds in die strate rondloop en dink hulle kan mense weens hulle seksuele oriëntasie teister en selfs doodmaak.
# Die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, dring aan op verskeidenheid in deelname aan skoolbeheerliggaam-verkiesings, wat ‘n deurslaggewende stap in die onderwyslandskap is. Die verkiesings sal volgende maand plaasvind. Beheerliggame speel ‘n belangrike rol wat betref die verbetering van akademiese prestasie, leerder-welstand en gemeenskapsbetrokkenheid. Volgens Motshekga neem voorvalle van opsetlike beskadiging en afwesigheid beduidend af in skole met aktiewe beheerliggame:
# Die Wêreld-regeringsberaad het in Dubai afgeskop met die tema – Die vorming van toekomstige regerings. Die beraad sal oor drie-dae in globale neigings en hervorming delf om ‘n beter toekoms vir die mensdom voor te stel. Besprekings sal volhoubare ontwikkeling, vernuwende oplossings vir toekomstige uitdagings en geleenthede vir internasionale samewerking dek. Sleutelonderwerpe sluit in, die volgende geslag se toekomstige regerings, Arabiese finansies, arbeidskwessies in die lande van die Samewerkingsraad van die Arabiese Golfstate, en die toekoms van waterstof-energie.
# Krieket: Die Protea-kolwer, David Bedingham, sê dit was vir die span belangrik om van die begin af ‘n aggressiewe benadering te volg in die tweede toets teen Nieu-Seeland. Suid-Afrika het gekies om eerste te kolf met verskeie kolwers wat goed begin het, maar na 20 of 30 lopies vasgeval het. Die besoekers het met uitskeityd op dag een op 220 vir ses gestaan, met Ruan de Swardt onoorwonne op 55 en Shaun von Berg op 34. Bedingham sê hulle kon nóg beter gevaar het:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-84-sent teen die dollar, 20-rand-28-sent teen die euro en 23-rand-83-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 50-duisend-98-dollar-58-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-26-dollar-4-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar-59-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….