Nuus 13:00
BULLETIN 12 Mei 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Wes‑Kaapse rampbestuursentrums is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag namate skadelike weerstoestande voortduur
# ATM sê Ramaphosa probeer parlementêre aanspreeklikheid uitstel deur die paneelverslag te laat hersien
# En rugby: Ruan Venter gaan die Leeus se Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd in Limerick misloop weens ‘n kniebesering
# Die Wes-Kaapse regering sê die Provinsiale Rampbestuursentrum en alle gesamentlike bedryfsentrums is 24-uur per dag oop, met die hewige weerstoestande wat wydverspreide skade aanrig. Plaaslike oorstromings, kragonderbrekings en ontwortelde bome is aangemeld in die Overberg, die Kaapse Wynland, die Tuinroete, die Weskus en die Stad Kaapstad. Die LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, verwelkom die besluit om ‘n ramptoestand af te kondig:
Intussen het die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika passassiers wat deur die lughawens van Kaapstad en George reis, gewaarsku om inligting te bekom oor moontlike vlug-vertragings of kansellasies. ACSA sê albei lughawens bly oop en in bedryf, maar die gure weer raak vlugte. Lughawe-bedrywighede word noukeurig dopgehou terwyl herleide vlugte by ander lughawens hanteer word.
# African Transformation Movement sê president Cyril Ramaphosa se besluit om die Artikel 89-paneel se verslag onder hersiening te neem, kan nie en mag nie die Parlement se ampsklag-proses opskort nie. Die paneel het bevind Ramaphosa het moontlik sy ampseed oortree met sy optrede in ‘n beweerde geldtoesmeerdery op sy plaas, Phala Phala, in Limpopo in 2020. ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, sê Ramaphosa kan nie aanspreeklikheid ontduik nie:
# Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het die nasionale tarief vir gratis basiese elektrisieit vir die 2026/27-munisipale boekjaar goedgekeur. Die goedgekeurde tarief wat munisipaliteite van Julie tot Junie volgende jaar van munisipaliteite sal verhaal beloop 238-komma-ses sent per kilowatt. NERSA se woordvoerder, Charles Hlebela, sê die gratis basiese elektrisiteit is deel van die land se ondersteuningstarief vir basiese elektrisiteitsdienste wat 50 kilowatt per uur elektrisiteit gratis aan lae-inkomste huishoudings voorsien:
# Rugby: Die Leeus gaan sonder die losvoorspeler Ruan Venter wees in die naweek se laaste Verenigde Rugbykampioenskaps-groepswedstryd teen Munster in Ierland. Hy het sy knie beseer in verlede naweek se kragmeting met Leinster, wat die Johannesburgse span 31-7 verloor en sy kans verspeel het om onder die top-vier te eindig en ‘n tuis-kwarteindstryd te beklink. Venter is reeds huis toe. Die Leeus is tans vyfde op die punteleer en moet Munster in Limerick klop om die uitklopfase te haal.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-53-sent teen die dollar, 19-rand-42 teen die euro en 22-rand-36-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 80-duisend-705-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-701-dollar-73-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 105-dollar-20-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….