Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 2 Februarie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Premier Winde bepleit privaat sektor-beheer oor die land se hawens
# Die GOOD Party sê die regering van die Wes-Kaap verloor die stryd teen misdaad
# En, krieket: Laura Wolvaardt hoop haar Australiese ondervinding gaan die Proteas in die eendagreeks help
# Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, bepleit privaat sektor-beheer oor die land se hawens weens die voortgesette opeenhopings wat in- en uitvoere belemmer. Winde glo privatisering kan moontlik die uitdagings verlig en die hawe-stelsel verbeter:
# Die GOOD Party in die Wes-Kaap doen ‘n beroep vir beter professionele wetstoepassing in gemeenskappe regoor die provinsie. Dit volg nadat ‘n 12-jarige meisie in kruisvuur tussen strydende bendes doodgeskiet is voor die Laerskool Ieglaasi Nieyah in Mitchells Plain terwyl sy vir skoolvervoer gewag het. Jonathan Cupido van GOOD sê die stryd teen misdaad is ‘n verlore stryd vir die mense wat aan stuur van sake is:
# Die Amerikaanse president, Joe Biden, sal teenwoordig wees wanneer die oorskot van drie Amerikaanse soldate wat in ‘n aanval met ‘n Irans-vervaardigde hommeltuig in Jordanië gesterf het, vandag in die Verenigde State aankom. Biden het vroeër gesê hy het besluit hoe om op die aanval te reageer. Die verwagtinge was daar sal vergeldingsaanvalle wees, maar ‘n aanval op Iranse grondgebied is waarskynlik nie ‘n moontlikheid nie nadat die Withuis gesê het Biden wil nie ‘n oorlog met Iran hê nie. Reuters berig die VSA het wel bevestig Iran het die hommeltuig vervaardig wat in die aanval gebruik is.
# Krieket: Die tafel is gedek vir ‘n opwindende kragmeting op die Adelaide Oval wanneer die Protea-vrouespan Australië môre in die eerste van drie internasionale eendagwedstryde takel. Die onlangse T20-reeks tussen die twee spanne was baie mededingend en het met twee-een in die tuisspan se guns geëindig. Die Protea-kaptein, Laura Wolvaardt, speel vir die Adelaide Strikers in die vroue se Big Bash-liga in Australië. Sy sê haar ervaring met die plaaslike toestande sal hopelik waardevol wees vir die span:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-63-sent teen die dollar, 20-rand-29-sent teen die euro en 23-rand-77-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 43-duisend-24-dollar-48-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-53-dollar-73-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 79-dollar-4-sent per vat.
# Om mee af te sluit: Die bekroonde akteur, Brad Pitt, onderhandel volgens berigte om te speel in Quentin Tarantino se rolprent, The Movie Critic, wat sy tiende en vermoedelik sy laaste een sal wees. Die twee het voorheen saamgewerk aan Inglourious Basterds in 2009 en Once Upon a Time in Hollywood in 2019, waarvoor Pitt ‘n Oscar vir beste ondersteunende akteur verower het vir die rol van die waaghals Cliff Booth verower het. The Movie Critic speel blykbaar in die 1970’s af in Suid-Kalifornië en is geïnspireer deur ‘n siniese rolprent-resensent oor wie Tarantino in sy kinderjare gelees het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….