Nuus 13:00
BULLETIN 6 April 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa beklemtoon die kerk se rol as ‘n morele kompas
# Hoë deinings en stormweer wordoor dele van SA verwag
# En, Carlos Alcaraz is gereed om na kleibane terug te keer
# President Cyril Ramaphosa het die belangrikheid beklemtoon van kerke wat met die regering saamwerk as ‘n morele kompas wat leierskap en dienslewering bepaal. Ramaphosa het in Limpopo gesê kerke bevorder waardes soos integriteit, eenheid en aanspreeklikheid. Hy het bygevoeg die regering kan leer uit dienende leierskap binne godsdienstige instellings, en het die behoefte aan samewerking beklemtoon om korrupsie te beveg, bestuur te verbeter en ‘n sterker maatskaplike verhouding met burgers te bou:
# Die N3-tolkonsessie sê verkeersvolumes was oor die Paasnaweek hoog, maar daar was minder voorvalle as wat verwag is. Die bedryfshoof, Thania Dhoogra, sê alle tolbane is oopgemaak en wetstoepassing is ontplooi om verkeersopeenhoping te bestuur. Dhoogra het motoriste aangespoor om verantwoordelik te bestuur en gewaarsku dat moegheid, swak sigbaarheid en dronkbestuur steeds die grootste gevare inhou. Sy het beklemtoon dat padveiligheid ‘n gedeelde verantwoordelikheid is terwyl reisigers huiswaarts keer:
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het waarskuwings uitgereik vir hoë deinings langs die kus en verspreide storms oor dele van die land. ‘n Geel vlak 1-waarskuwing is uitgereik vir die kusgebiede tussen Saldanhabaai in die Wes-Kaap en die Kei Mond Wildekus-streek van die Oos-Kaap, waar rowwe see aktiwiteite kan ontwrig. In die binneland en in Gauteng, kan warm toestande met afwisselende donderbuie verwag word. Owerhede doen ‘n beroep op inwoners om versigtig te bly, veral langs die kus en tydens storms.
# Drie mense is Sondag dood toe sterk winde ‘n boom in Noord-Duitsland tydens ‘n Paaseierjag omgewaai het. Ongeveer 50 mense het die geleentheid in die woude naby die dorp Satrupholm bygewoon toe ‘n 30-meter-hoë boom op die groep geval het. Die polisie het in ‘n verklaring gesê vier mense is onder die boom vasgepen. ‘n Een-en-twintig-jarige vrou en ‘n 16-jarige meisie is op die toneel dood, terwyl die vrou se 10 maande oue dogter later in die hospitaal dood is. Die fasiliteit is deel van die staatsbefondsde kinderwelsynstelsel en ondersteun swanger vroue en nuwe ma’s in nood.
# Tennis: Carlos Alcaraz is gretig om weer op klei te speel wanneer hy na sy voorkeur-oppervlak in Monaco terugkeer om momentum op te bou vir die verdediging van sy titel by die Franse Ope. Alcaraz het sy vyfde Grand Slam-titel ingepalm toe hy Jannik Sinner in ‘n epiese eindstryd in Junie verlede jaar op Roland Garros geklop het, na sy ander kleibaan-oorwinnings van 2025 in Monte Carlo en Rome. Hy sê om verlede seisoen die Monte Carlo titel te kon wen was ‘n keerpunt. Alcaraz begin sy veldtog teen óf Stan Wawrinka óf Sebastian Baez in die tweede ronde.
# Die International Pentacost Holiness Church het Paasfees met ‘n massa-huwelikseremonie in Gauteng gevier. Die geleentheid het eerste huwelike en poligame verbintenisse ingesluit wat die kerk se tradisies weerspieël. Duisende gemeentelede het die seremonie aanskou wat gekenmerk is deur wit uitrustings, tradisionele drag en vierings. Die kerk sê die huwelike versterk familiebande en handhaaf kulturele en godsdienstige waardes in sy gemeenskap.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….