Nuus 13:00
BULLETIN 5 April 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Elektrisiteitskoste oortref arm huishoudings se basiese behoeftes
# Sokker: ‘n Helde-ontvangs vir die Irakse span wat die eerste keer in 40-jaar vir die Wêreldbeker kwalifiseer
# En Ramaphosa woon die pelgrimstog in Moria by
# Arm huishoudings bestee tans meer aan elektrisiteit as aan noodsaaklikhede soos mieliemeel, wat die toenemende druk op lewenskoste beklemtoon. Dit volg terwyl stygende voedsel en brandstofpryse, sowel as tariewe vir nutsdienste, toenemend druk op kwesbare gesinne plaas. Ontleders waarsku stygende elektrisiteitskoste dwing huishoudings om hul besteding te heroorweeg, dikwels ten koste van basiese behoeftes, wat kommer laat ontstaan oor bekostigbaarheid en langtermyn ekonomiese probleme.
Die vakbondfederasie Cosatu se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, veroordeel intussen die verhoging van die drempel vir voertuigkostes vir ministers en LUR’e. Hy het aan SABC News gesê die besluit, wat verlede jaar stilweg goedgekeur is, kan nie geregverdig word nadat die regering voorheen begrotingsbeperkings aangehaal het wat noodsaaklike dienste raak nie. Parks sê dit weerspieël verkeerde voorkeure terwyl burgers worstel met besnoeiings in gesondheidsorg, wetstoepassing en maatskaplike ondersteuning:
# Die Johannesburgse Metropolisie het 121 motoriste in hegtenis geneem vir bestuur onder die invloed tydens verskerpte Paasnaweek-veiligheidsoperasies. Woordvoerder Xolani Fihla sê die syfers weerspieël onkunde rakende bestuurdersgedrag. Twee sterftes is ook aangeteken, waarby ‘n voetganger en ‘n passasier betrokke was. Fihla vra motoriste om nie onder die invloed te bestuur nie, verkeerswette te gehoorsaam en op veiligheid te fokus terwyl hoësigbaarheidsoperasies tydens Paasnaweek voortduur:
# Sokker: Irak se nasionale span is soos helde ontvang met hulle terugkeer huis toe nadat hulle die eerste keer in 40-jaar vir die Wêreldbekertoernooi gekwalifiseer het. Hulle het Bolivië 2-1 verslaan in die laaste kwalifiseerder na onsekerheid of hulle sou kon reis weens die Midde-Oosterse krisis. Reis-reëlings is op die nippertjie getref en hulle kon na Monterrey vertrek en die 48ste en laaste plek losslaan in die toernooi in Noord-Amerika. Afrigter Graham Arnold sê hy het sosiale media verbied sodat die spelers net op die spel kon konsentreer.
# En ten slotte: President Cyril Ramaphosa woon vandag die Zion-Christenkerk se Paasfees-pelgrimstog by in hul hoofkwartier in Moria, Limpopo. Die byeenkoms lok duisende gelowiges van reg oor die land vir een van die grootste jaarlikse godsdienstige geleenthede. Die besoek vorm deel van Paasfeesvierings met gebed en besinning. Ramaphosa vra Suid-Afrikaners om ubuntu, empatie en verdraagsaamheid te handhaaf in gemeenskappe en op die paaie.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….