Nuus 13:00
BULLETIN 22 Maart 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# dIE GOOD-party sê die nasie is vasgekeer tussen ‘n Grondwet met goeie bedoelings en swak toepassing
# Israel beweer Iran het missiele wat Europese hoofstede kan bereik
# En krieket, die Protea-vroue verloor die vierde T20 en die reeks teen Nieu-Seeland
# Die GOOD-party sê die stryd om tegniese regte vir die meerderheid van die bevolking in beter lewenservarings te omskep, duur voort. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die nasie is vasgevang tussen goeie grondwetlike bedoelings en swak praktiese toepassing. Hy sê met plaaslike regeringsverkiesings om die draai, lek populiste, verkopers van identiteitspolitiek en diegene wat nie in nie-rassige geregtigheid glo nie, hul lippe af:
# Die EFF-leier Julius Malema sê die party sal ‘n integrale deel van die parlementêre ad hoc-komitee bly terwyl die aanbevelings afgehandel word. Die komitee is gestig om die KwaZulu-Natalse provinsiale polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se bewerings te ondersoek dat die wetstoepassingsagentskappe gekaap is. Malema sê die eerste aanbeveling moet Senzo Mchunu se verwydering as minister van Polisie wees, en die geld waarmee die staat hom tydens sy spesiale verlof betaal het, moet terugbetaal word. Mchunu is sedert Junie 2025 met spesiale verlof.
# Eskom het sedert Mei 2025 6,395-miljard-rand aan dieselaangedrewe oopsiklus-gasturbines bestee om meer as een-duisend-77 gigawatt-uur elektrisiteit op te wek. Die woordvoerder van die kragverskaffer, Daphne Mokwena, sê dit is aansienlik laer as die twee-duisend-608,82 gigawatt-uur wat gedurende dieselfde tydperk verlede jaar opgewek is, wat gelei het tot ‘n koste van 15,64-miljard-rand. Sy sê beplande instandhouding was gemiddeld vyf-duisend-403 megawatt, wat 11,48-persent van die totale opwekkingsvermoë uitmaak:
# Die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie in Gauteng het die goedkeuring van die Stad Johannesburg se aanpassingsbegroting verwelkom, wat die instelling van die polities-ooreengekome ooreenkoms insluit. Die provinsiale sekretaris, Julia Phakula, sê dit is ‘n belangrike oorwinning vir munisipale werkers wat dekades van loononregverdigheid verduur het. Sy sê SAMWU is veral bekommerd oor die voortgesette houding van die DA, wat weereens gekant was teen maatreëls wat die belange van werkers wil bevorder.
# Israel beweer Iran het langafstandmissiele met ʼn reikafstand van vier-duisend kilometer. Israel se stafhoof, luitenant-generaal Eyal Zamir, sê die missiele kan Europese hoofstede soos Londen, Berlyn, Parys en Rome bereik. Volgens Sky News volg die waarskuwing nadat twee Iranse missiele Vrydagaand afgevuur is op die militêre basis Diego Garcia, wat Amerika en die Verenigde Koninkryk saam beheer. Die missiele het nie die teikens getref nie, maar hulle het ʼn afstand van sowat vier-duisend kilometer gehaal. Dit was nie voorheen bekend dat Teheran hierdie vermoë het nie.
# Krieket: Vier verbroude vangskote het vroeër vandag bygedra tot die Protea-vroue se uiters teleurstellende nederlaag van ses paaltjies teen die Nieu-Seelandse White Ferns in die vierde T20-toets in Wellington. Nieu-Seeland se twee voorste puntemakers, Sophie Devine en Amelia Kerr, het albei vangskote oorleef, met Devine wat twee laat val is. Die Proteas se swak veldwerk het die gasvroue in staat gestel om die teiken van 160 te bereik met nege balle oor. Die White Ferns loop nou 3-1 voor in die reeks van vyf met die vyfde en laaste toets Woensdag in Christchurch.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….