Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 30 Januarie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA verwelkom die SOE-ondersoek na Transnet se skandaal van 300-miljoen-rand
# Die Thinc-stigting sê Zuma se optrede is ‘n gewas wat chirurgiese aandag nodig gehad het
# En, krieket: Die Windies-bouler, Shamar Joseph keer terug huis toe na sy uitmuntende prestasie in Brisbane
# Die DA het president Ramaphosa se besluit verwelkom om ‘n proklamasie uit te reik om die Spesiale Ondersoekeenheid te magtig om ‘n ondersoek van stapel te stuur na die korrupsie-aantygings ter waarde van 300-miljoen-rand wat oor die Transnet Nasionale Hawe-owerheid se uitvoerende hoof, Pepi Silinga, geopper is. Die DA-lid, Mimmy Gondwe, sê die party het Woensdag aan Ramaphosa geskryf en versoek om die SOE te magtig om die bewerings te ondersoek gegewe die ernstige aard daarvan, sowel as die omvang van die geld wat betrokke is:
# Die Thinc-stigting het sy ondersteuning uitgespreek vir die ANC se skorsing van oudpresident Jacob Zuma, en beskryf sy optrede as skadelik vir die party se reputasie. Zuma het onlangs verklaar hy sal nie in die komende verkiesing namens die ANC veldtog voer of vir die party stem nie, maar het sy steun toegesê aan die nuutgestigte party, Umkhonto we Sizwe. Die stigting se uitvoerende hoof, Lucky Mathebula, het op Newzroom Afrika daarop gewys Zuma se keuses het die ANC se besluit regstreeks beïnvloed:
# Die Suid-Afrikaanse regering, in vennootskap met die Afrika Kontinentale Vryhandelsooreenkoms-sekretariaat, bied vandag die 13de vergadering van die liggaam se raadd van ministers in Durban aan. Die twee-daagse geleentheid het ten doel om te beklemtoon dat ondernemings aan handel onder die Afrika Kontinentale Vryhandelsooreenkoms kan deelneem om hul markte binne ‘n wettige, bindende raamwerk uit te brei en sodoende betekenisvolle handel binne die Afrika-vasteland te bevorder.
# Krieket: Die Windies-snelbouler Shamar Joseph kan ‘n helde-verwelkoming verwag wanneer hy terugkeer huis toe na sy puik prestasie in Australië. Hy het Sondag sewe paaltjies geneem in die gashere se tweede beurt tydens die tweede toets op die Gabba in Brisbane en sy span gehelp om hulle eerste toetsoorwinning in Australië in 27 jaar te behaal. Joseph het dit reggekry ondanks ‘n toonbesering die vorige dag, en aan die Windies ‘n oorwinning met agt lopies besorg om die toetsreeks gelykop te maak. Joseph gaan die Internasionale T20-reeks in die Verenigde Arabiese Emirate misloop.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-86-sent teen die dollar, 20-rand-41-sent teen die euro en 23-rand-91-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 43-duisend-398-dollar-97-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-37-dollar-42-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 81-dollar-91-sent per vat.
# Ten slotte: CapeNature sê die unieke vul wat in die Sanbona-wildreservaat gebore is, is ‘n baken van hoop vir die bewaring van die Kaapse bergsebra. Dié diere was die afgelope 300 jaar hoogs bedreigd weens jag en die vernieting van hul habitat. CapeNature se bewaringsplanne het egter ‘n beduidende toename in die getal Kaapse bergsebras tot gevolg gehad. Die organisasie sê die unieke vul wat in die park gebore is, dien as ‘n bewys van die veerkragtigheid van die natuur wanneer die mens ‘n handjie bysit.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….