Nuus 13:00
BULLETIN 23 Julie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA gaan sy verkiesingsmanifes in Johannesburg bekendstel
# Sewe mense sterf in ‘n botsing tussen verskeie voertuie op die N4 in Mpumalanga
# En Chad le Clos kort net een medalje om geskiedenis te maak op die Statebondspele
# Die DA gaan sy manifes vir die plaaslike regeringverkiesing op 8 Augustus in Johannesburg bekendstel. Die party sê die stad is gekies omdat hulle glo Johannesburg is vervalle gelaat as gevolg van swak bestuur, en kiesers kry die geleentheid om dit op 4 November by die stembus te verander. Woordvoerder Werner Horn sê party-leier Geordin Hill-Lewis sal planne en voorkeure vir plaaslike regering uiteensit:
# Sewe mense is dood in ‘n botsing tussen twee minibustaxi’s en ‘n vragmotor op die N4 in Mpumalanga. Drie mense het in een taxi verongeluk en vier in die tweede taxi. Voorlopige verslae dui aan een taxi het ‘n sleepwa verloor voor die vragmotor daarteen gebots het, en ‘n ander taxi het daarna teen die vragmotor gebots. Nooddienste bly op die toneel en vrees die dodetal kan styg.
# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê Suid-Afrika bly verbind tot oop, opbouende en doelgerigte gesprekke met die Ekonomiese Gemeenskap van Wes-Afrika-state, veral oor streeksbestendigheid en migrasiebestuur. ECOWAS veroordeel xenofobiese aanvalle teen Wes-Afrikane in Suid-Afrika en steun ‘n voorstel om die kwessie op die Afrika-unie se vergadering te bespreek. Die departement se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê Suid-Afrika verwerp alle vorme van maatskaplike vooroordeel:
# Iran beskuldig Amerika dat hy Pickaxe Mountain as regverdiging vir bykomende aanvalle gebruik. Daar word vermoed die ondergrondse terrein is ‘n kernaanleg waar Teheran glo besig is om ‘n terrein vir uraanverryking te bou. Die Amerikaanse president, Donald Trump, het vroeër die week gedreig om die aanleg binnekort aan te val. Iran waarsku enige Amerikaanse aanval op sy kernaanlegte sal beskou word as ‘n uitbreiding van die oorlog in die Midde-Ooste. Teheran hou vol sy kernprogram is uitsluitlik vir vreedsame energiedoeleindes.
# Statebondspele: Die Olimpiese medaljewenner Chad le Clos mik daarna om die atleet met die meeste medaljes ooit te word wanneer hy in Glasgow, Skotland, in die swembad duik. Hy en Phillip Adams van Australië en Mick Gault van Engeland het elkeen reeds 18 medaljes en Le Clos kort nog net een om hulle te oortref. Suid-Afrika se sterk afvaardiging van 112 lede sluit in die middelafstand-ster Prudence Sekgodiso, die Olimpiese spiesgooi-silwermedaljewenner Jo-Ané du Plessis en die fietsryer Mitchell Sparrow. Die Spele duur van vandag tot volgende Sondag.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-42-sent teen die dollar, 18-rand-74-sent teen die euro en 21-rand-95-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-686-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-89-dollar-84-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 93-dollar-23-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….