Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 23 Januarie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Gautengse polisie veroordeel ‘n dodelike eiereg-aanval in Tembisa
# Die Grensbestuursowerheid verleng die sperdatum vir voorstelle om die grense te herontwikkel
# En, fietsry: Die sluitingsdatum nader vir inskrywings vir die Kaapstadse fietstoer
# Die Gautengse polisie het uitgevaar teen ‘n voorval van eiereg in Tembisa waarin vyf mense dood is. Volgens berigte het inwoners die mans met klippe doodgegooi. Die polisiewoordvoerder, Dimakatso Nevhuhulwi, sê mense word gemaan om vermeende misdadige gedrag aan te meld en nie die reg in eie hande te neem nie:
# Die Grensbestuursowerheid het die sperdatum waarop mense voorstelle kan indien vir die herontwikkeling van ses belangrike grensposte tot vier Julie uitgestel. Die ses voorkeur- binnelandse grensposte is Beitbrug op die grens met Zimbabwe, Lebombo op die grens met Mosambiek, Maseru-brug en Ficksburg op die grens met Lesotho, Kopfontein op die grens met Botswana en Oshoek op die grens met eSwatini. Die owerheid sê die datum word uitgestel sodat die privaat sektor meer met mekaar kan beraadslaag en hoëgehalte-aanbiedinge aan die regering kan voorlê.
# Eskom het aangekondig hy stel vandag fase een- en twee-beurtkrag in. Dit is weens ‘n lae elektrisiteitsaanvraag en twee eenhede wat vroeër as beplan was weer in diens gestel is. Die kragvoorsiener het sy kliënte herinner om alle elektriese punte as lewendig te hanteer tydens beurtkrag. Die woordvoerder, Daphne Mokwena, doen ‘n beroep op inwoners en ondernemings om elektrisiteit spaarsaam te gebruik:
# Brandbestryders van Kaapstad het daarin geslaag om die brand in die plantegroei tussen Da Gama en Ocean View onder beheer te bring. Die brand het gistermiddag uitgebreek en ‘n sterk suidoostewind het dit aangeblaas. Die woordvoerder van die Brand- en Reddingdienste van die stad, Jermaine Carelse, sê hoewel hulpbronne verminder is by die terrein, is hulle bedag daarop indien dit sou opvlam:
# Fietsry: Die organiseerders van die Kaapstadse fietstoer herinner voornemende deelnemers daaraan om voor die einde van die maand vir vanjaar se wedren in te skryf. Inskrywings vir die wedren sluit om middernag op 31 Januarie en dit vind op Sondag, 6 Maart plaas. Daar is twee kategorieë − die wedren oor 109-kilometer en een oor 42-kilometer. Die inskrywingsfooi vir die langer wedren is 950-rand maar gratis vir fietsryers wat reeds 40 wedrenne voltooi het. Vir die korter wedren is inskrywings 445-rand en 440-rand vir fietsryers 18 jaar en jonger.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-10-sent teen die dollar, 20-rand-81-sent teen die euro en 24-rand-32-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 39-duisend-109-dollar-82-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-29-dollar-71-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 79-dollar-79-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….