Nuus 13:00
BULLETIN 3 Januarie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# President Donald Trump het aangekondig hy het president Nicholas Maduro en sy vrou gevange geneem
# Statistiek SA laat val die soeklig op die landswye toename in tienergeboortes
# En Eskom teken 231 dae sonder beurtkrag aan
# Die Venezolaanse regering het wat hy bestempel as Amerika se “militêre aggressie” verwerp, en veroordeel. Die regering het die VSA beskuldig dat hy probeer om Venezuela se strategiese hulpbronne, veral sy olie en minerale, te steel terwyl hy probeer om die nasie se politieke onafhanklikheid met geweld te verbreek. Volgens ‘n verklaring bedreig die aggressie internasionale vrede en stabiliteit en die lewens van miljoene mense word in gevaar stel. President Nicolás Maduro het ‘n landswye toestand van eksterne inmenging verklaar en ‘n onmiddellike oorgang na ‘n gewapende stryd gevra. President Donald Trump het sedertdien aangekondig hy het Maduro en sy vrou gevange geneem en uit Venezuela gevlieg, en bygevoeg “verdere besonderhede sal volg”.
# Statistieke Suid-Afrika het kommer uitgespreek oor die toename in tienergeboortes landwyd. Stats SA het meer as 100-duisend geboortes deur tienermoeders sedert Januarie 2024 aangeteken. Die syfers volg nadat die Departemente van Maatskaplike Ontwikkeling en Gesondheid bevestig het dat tieners van 15 tot 19 jaar oud op Nuwejaarsdag in die Oos-Kaap aan 21 babas geboorte geskenk het. Die belangegroep, Embrace Movement for Mothers, het kommer uitgespreek en gesê tienerswangerskappe moet as ‘n breër maatskaplike en strukturele kwessie aangespreek word, eerder as om die blaam uitsluitlik op jong ma’s te plaas.
Die Forum for South Africa sê intussen tienerswangerskappe het kommerwekkende afmetings aangeneem en moet as ‘n nasionale krisis hanteer word. In Mpumalanga alleen het nege-duisend-712 tieners volgens berigte in 2025 geboorte geskenk, insluitend ‘n 14-jarige op Nuwejaarsdag. FOSA-woordvoerder Tebogo Mashilompane sê die neiging moet nie as normaal aanvaar word of gevier word nie. Hy waarsku teen verwoestende maatskaplike, gesondheids- en opvoedkundige gevolge. Hy vra vir dringende optrede en verantwoordbaarheid, veral waar volwassenes betrokke is:
# Suid-Afrika het 231 agtereenvolgende dae sonder beurtkrag aangeteken, met slegs 26 uur se onderbrekings vroeër vanjaar. Eskom-woordvoerder Daphne Mokoena sê die kragstelsel bly bestendig, ondersteun deur verbeterde opwekkingsvermoë en gedissiplineerde instandhouding. Daarbenewens sê sy het die Energiebeskikbaarheidsfaktor in Desember tot meer as 69-persent gestyg, terwyl onbeplande onderbrekings en dieselverbruik skerp gedaal het. Dit versterk die vertroue in die bestendigheid van nasionale elektrisiteitsvoorsiening:
# Die Vrystaatse polisie ondersoek ‘n noodlottige ligte vliegtuigongeluk in die Ferreira-gebied. Polisiewoordvoerder Mahlomola Kareli sê beamptes is na die toneel gestuur, waar nooddienste ‘n manlike vlieënier in die wrak vasgekeer gevind het. Die 45-jarige is op die toneel dood verklaar. Kareli sê die vlieënier se identiteit word weerhou totdat sy naasbestaandes in kennis gestel is. Hy het bevestig dat ‘n geregtelike doodsondersoek geopen is:
# En rugby: Die Stormers het ‘n hupstoot gekry met die terugkeer van die beseerde Springbok-sterre Damian Willemse en Sacha Feinberg-Mngomezulu vir die Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting teen die Bulle op die Kaapstad-stadion. Willemse sal die 100ste keer in ‘n Stormers-trui uitdraf in die eerste wedstryd van 2026, wat vanmiddag om 6-uur afskop. Die Stormers se direkteur van Rugby, John Dobson, sê sy span sien uit na ‘n spesiale geleentheid. Hy sê die span weet dat hulle op hul beste sal moet wees dwarsdeur die wedstryd om ‘n goeie oorwinning te behaal.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….