Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 22 Januarie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Jong Kommuniste-liga vra NSFAS om elke verdienstelike student te bereik
# Denosa waarsku 2023-matrieks teen vals verpleegkolleges
# En, gemengde gevegskuns: Kaapstad-stadion kan die ideale lokaal wees vir Afrika se eerste UFC-byeenkoms
# Die Jong Kommuniste-liga van Suid-Afrika doen ‘n beroep op die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente om te verseker sy bystand bereik elke verdienstelike student, veral dié wat uit ekonomies benadeelde agtergronde kom. Die skema het tot dusver 1,4-miljoen aansoeke vir hierdie akademiese jaar ontvang. Die liga se woordvoerder, Ramatolo Tlotleng, sê die liga glo die skema sal voor die einde van hierdie week 11-duisend uitstaande toelaes afhandel:
# Die verplegingsorganisasie, Denosa, waarsku diegene wat ná matriek verpleegkunde wil studeer om bewus te wees van moontlike vals verpleegkolleges. Vals instellings neem gewoonlik hierdie tyd van die jaar toe. Denosa se woordvoerder, Sibongiseni Delihlazo, sê elke hoër onderwysinstelling wat wettige verplegingskursusse aanbied, moet volgens wet by die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging geregistreer en geakkrediteer wees, wat die land se reguleringsliggaam vir verpleging is:
# Die Gautengse polisie gaan hulle Adopt-a-Cop-program in Tshwane verskerp en ‘n zero-misdaadkoers by skole in die middestad nastreef. Die doel van die veldtog is om leerders ook aan te moedig om met die polisie te skakel oor enige misdadigheid in hulle midde. Die polisie het verlede week die Christian Progressive-skool, Sekondêre Skool Pretoria, Northwood, die Sekondêre Skool Tshwane en die Hoërskool Voortrekker besoek. Die polisiewoordvoerder, Thabang Mkhumise, sê leerders is ingelig oor afknouery, wapens, misdadigheid, dwelmmisbruik en ander ongure bedrywighede:
# Die vooruitsig van ‘n ooreenkoms om die oorblywende Israelse gyselaars wat deur Hamas aangehou word vry te laat, het gekwyn nadat ‘n Hamas-amptenaar reageer het op die premier, Benjamin Netanyahu, se verwerping van hulle voorstelle. Netanyahu het vroeër geweier om Hamas se voorwaardes te oorweeg, wat hy sê die aanbly van die miltante groep aan bewind en Israel se volledige onttrekking insluit. ‘n Hamas-amptenaar, Sami Abu Zuhri, het aan Reuters gesê Netanyahu se weiering om die militêre offensief te beëindig beteken daar is geen kans vir die beraamde 130 gyselaars om terug te keer huis toe nie.
# Gemengde gevegskuns: Die president van UFC, Dana White, het laat val ‘n Ultimate Fighting Championship Africa-toernooi kan moontlik in Suid-Afrika plaasvind na Dricus du Plessis se geskiedkundige oorwinning om hom die eerste Suid-Afrikaanse UFC-kampioen te maak. Volgens White vorder planne vir so ʼn toernooi, met Suid-Afrika, Nigerië en Rwanda moontlike plekke. Baie ondersteuners stel Kaapstad-stadion voor, weens die stad se infrastruktuur en rekord vir die aanbied van wêreldklas geleenthede. Die stap is daarop gemik om UFC se teenwoordigheid op die vasteland te vestig.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-19-sent teen die dollar, 20-rand-92-sent teen die euro en 24-rand-39-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 40-duisend-978-dollar-56-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-23-dollar-73-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 78-dollar-1-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….