Nuus 13:00
BULLETIN 15 Desember 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die held wat die Bondi-aanvaller ontwapen het, herstel na ‘n operasie
# FOSA sê die Madlanga-kommissie se voorlopige verslag moet bekendgemaak word
# En krieket: Josh Tongue vervang Gus Atkinson in Engeland se groep vir die belangrike derde toets om die As
# ‘n Inwoner van Sydney wat tydens gister se massaskietery op Bondi-strand ‘n geweer by een van die aanvallers afgeneem het, herstel in die hospitaal na ‘n operasie vir koeëlwonde aan sy arm en hand. Die 43-jarige Ahmed al Ahmed is op sosiale media geïdentifiseer as die omstander wat op die gewapende man afgestorm, sy geweer gegryp en hom op die grond neergegooi het. ‘n Vyftigjarige man en sy 24-jarige seun het die aanval uitgevoer tydens ‘n Hannuka-viering. Vyftien mense is dood en talle meer gewond.
Intussen veroordeel die Kaapse Onafhanklikheidsparty die massaskietery, wat tot ‘n terroriste-voorval verklaar is. Woordvoerder Frans Martins sê die tragedie is nog ‘n duidelike herinnering dat geweld uit geweld voortspruit. Hy sê samelewings moet die werklikheid aanvaar dat vasberade aanvallers altyd maniere sal vind om skade aan te rig:
# Forum for South Africa sê onlangse verwikkelinge het vrese bevestig dat die Madlanga-kommissie net korrupsie toesmeer. Dit volg op berigte dat die Presidensie verklaar het hy gaan nie die kommissie se voorlopige verslag bekendmaak wat dié week ingedien moet word nie. FOSA se leier, Tebogo Mashilompane, sê Suid-Afrikaners verdien die volle waarheid oor die stelselmatige misdadige insypeling en politieke inmenging by wetstoepassing:
# Die Padverkeersbestuurskorporasie vra motoriste om bykomende voorsorgmaatreëls te tref tydens die feestyd namate verkeersvolumes styg en wisselende weerstoestande paaie beïnvloed. Woordvoerder Simon Zwane sê swaar reën en brûe wat verspoel het hou gevare in, veral langs die N3-tolroete tussen Gauteng en KwaZulu-Natal. Hy sê die korporasie en die polisie sal roetes monitor. Hy vra bestuurders om geduldig te wees en die verkeersreëls te gehoorsaam om botsings te vermy.
# Krieket: Die naatbouler Josh Tongue vervang Gus Atkinson in die enigste verandering aan Engeland se span vir die belangrike derde toets om die As teen Australië wat Woensdag in Adelaide begin. Engeland is reeds 2-0 agter in die reeks van vyf na hulle met agt paaltjies verloor het in Perth en Brisbane. Die veelsydige Will Jacks word behou as aangewese draaibouler terwyl Shoaib Bashir nog nie sy plek kon oopspeel nie. Tongue het die meeste paaltjies vir Engeland platgetrek in die toetsreeks teen Indië in Julie en Augustus.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-84-sent teen die dollar, 19-rand-76-sent teen die euro en 22-rand-52-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 89-duisend-881-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-346-dollar-25-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 61-dollar-7-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….