Nuus 13:00
BULLETIN 13 Desember 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC waarsku teen ministeriële oorskryding van gesag in Inligting- en Kommunikasietegnologiebeleid
# Die Batebeslagleggingseenheid verkry ‘n bewaringsbevel van 12,1-miljoen-rand teen ‘n mynsindikaat
# En rugby: Die Stormers en Sharks speel vandag tuis in Kampioenebeker-wedstryde terwyl die Bulle in Engeland uitdraf
# Die ANC het ‘n afkondiging in die Staatskoerant veroordeel wat deur die minister van kommunikasie, Solly Malatsi, uitgereik is. Dit bevat maatreëls wat die wetgewende gesag, Inligtings- en Kommunikasietegnologie-transformasie en die onafhanklikheid van die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid bedreig. ANC-woordvoerder, Mahlengi Bhengu, sê die toestaan van vrystellings aan buitelandse operateurs soos Starlink ondermyn billikheid en nasionale veiligheid. Sy het die Parlement en OKOSA versoek om die nakoming van die wet te verseker en transformasie en toesig oor die IKT-sektor te beskerm:
# Die Hooggeregshof in Pretoria het ‘n bewaringsbevel ter waarde van meer as 12,1-miljoen-rand aan die Nasionale Vervolgingsgesag se Batebeslagleggingseenheid toegestaan teen eiendomme wat verbind word met Zama-Zama-sindikaatlede, insluitend Chimene Mlambo, Elias en Nason Ngobeni, en Alex Sithole. Linka Mahanjana van die NVG sê die bevel dek 25 onroerende en 34 roerende bates. Sy sê die eenheid sal nou ‘n finale verbeurdverklaringsbevel aanvra om die opbrengs van die misdaad aan die staat terug te gee:
# Die regsontleder, Elton Hart sê die Nasionale Vervolgingsgesag moet bo redelike twyfel bewys waarom die vryspreking van die televangelis Timothy Omotoso en sy medebeskuldigde tersyde gestel moet word. Die Hooggeregshof in Gqeberha het gister die staat se aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys. Hart het aan SABC News gesê die staat se benadering is gebrekkig, en die verdediging se saak sterk. Hy het beklemtoon dat dit onwaarskynlik is dat ‘n Appèlhof die Verhoorhof se feitelike bevindinge tersyde sal stel:
# Die Stad Ekurhuleni het sy hoof van Menslike Hulpbronne, Linda Gxasheka, geskors omdat sy nie die tug-aanbevelings teen die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni Metropolisiedepartement, Julius Mkhwanazi, ingestel het nie. Dit volg na onthullings by die Madlanga-kommissie dat sy na bewering huiwerig was om Mkhwanazi te skors weens bewerings dat sy blou ligte op privaat voertuie aangebring het wat verbind word met die omstrede sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala. Ekurhuleni sê haar gebrek aan optrede het interne aanspreeklikheidsprosesse ondermyn. Die skorsing vorm deel van pogings om bestuur binne die munisipaliteit te versterk.
# Rugby: Die Stormers en die Haaie speel hierdie naweek tuiswedstryde in die Kampioenebeker terwyl die Bulle oorsee reis. Môremiddag om drie-uur pak die Stormers die Franse span La Rochelle in Gqeberha, en die Sharks speel net na vyfuur teen die Engelse span Saracens in Durban. Môremiddag draf die Bulle in Engeland op die veld teen Saracens. Die Stormers het Bayonne in verlede naweek se eerste ronde in Frankryk geklop, die Haaie het sleg teen Toulouse verloor, en Bordeaux-Begles was te sterk vir die Bulle op Loftus.
# En ten slotte: ‘n Wasbeer wat by ‘n winkel in Virginië in die VSA ingebreek en en hom aan drank vergryp het, word nou verdink van ‘n groter vlaag misdade. ‘n Dierebeheerbeampte van Hanover vermoed die streepstert-soogdier het ook by ‘n nabygeleë karate-ateljee ingebreek en toe die Departement van Motorvoertuie vir versnaperinge geplunder. Die wasbeer, nou met die bynaam “trashed panda“, is twee dae na Dankseggingsdag die eerste keer bewusteloos in die badkamer van die Ashland-drankwinkel ontdek. Hemde met die logo “trashed panda” word nou verkoop met meer as drie-miljoen-rand reeds ingesamel vir die skuiling waar die dronklap nugter geword het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….