Nuus 13:00
BULLETIN 30 Julie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Andrea Johnson moet terugkeer na die Madlanga-kommissie oor nuwe bewerings
# MANCOSA sê die digitalisering van gesondheidsorg in Suid-Afrika word gekenmerk deur uitdagings
# En Ebola-gevalle in die DRK vedubbel elke 20 dae en bestrydingspogings kan nie byhou nie
# Die voormalige hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Andrea Johnson, sal teruggeroep word na die Madlanga-kommissie om op nuwe bewerings te antwoord. Die kommissie sê ‘n formele dagvaarding sal uitgereik word nadat ‘n nuwe elektroniese verklaring van die direktoraat se advokaat, Drushantha Ramsamy, ontvang is. Die bewerings het na vore gekom tydens Ramsamy se getuienis. Johnson het gister ná ses dae haar getuienis afgesluit. Die jongste verwikkeling volg op toenemende vrae oor haar leierskap en die besluite wat sy geneem het terwyl sy hoof van die eenheid was.
# Die Oprah Winfrey Leadership Academy for Girls in Gauteng gaan ná 2027 se akademiese jaar sluit. Die skool het meer as een-duisend gegradueerdes uit benadeelde gemeenskappe opgelewer sedert die opening in 2007. Die Amerikaanse persoonlikheid sê die akademie sal aan die Gautengse Onderwysdepartement oorgedra word. Die departement se woordvoerder, Onwabile Lubhelwana, sê dit verteenwoordig die volgende fase van een van die land se merkwaardigste vennootskappe op die gebied van onderwys:
# Die MANCOSA-akademie sê Suid-Afrika se oorgang na digitale gesondheidsorg bied groot moontlikhede, maar ook uitdagings. Die stukrag wat tydens die Covid-19-pandemie opgebou is, is versterk deur die Nasionale Digitale Gesondheidstrategie, maar die pad vorentoe vereis voortdurende inwerkingstellling, billike toegang en ‘n verbintenis om die digitale kloof te oorbrug. Woordvoerder Adri Venter sê die uiteindelike sukses sal afhang van die omskepping van tegnologie in beter gesondheidsuitkomste vir pasiënte:
# Die Verenigde Nasies waarsku dat Ebola vinnig versprei in die Demokratiese Republiek die Kongo, met gevalle wat elke 20 dae verdubbel. Die aantal gevalle het tot drie-duisend-200 gestyg, waaronder minstens een-duisend-405 sterftes. Die uitbreking word veroorsaak deur ‘n stam waarvoor daar geen goedgekeurde entstof of behandeling is nie. Die VN se senior koördineerder vir Ebola, Julien Harneis, sê die pogings om die uitbreking te bestry, skiet ver tekort:
# Tennis: Vanjaar se rekord-aantal besoekers aan Wimbledon word toegeskryf aan die sonnige weer. Meer as 550-duisend toeskouers het deur die All England Club se hekke gestroom vir die grasbaan-Grand Slam-toernooi. Dis effens meer as verlede jaar, terwyl daaglikse bywoningsrekords op drie afsonderlike dae opgestel is. Wimbledon het die eerste keer sedert 2019 twee reënvrye weke beleef, terwyl die Britse promotorskeuse Arthur Ferry se vordering tot die halfeindronde ook die Britse publiek se verbeelding aangegryp het. ‘n Rekord-getal van 118-duisend hoede is verkoop.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-60-sent teen die dollar, 19-rand-2-sent teen die euro en 22-rand-19-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-411-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-70-dollar-44-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 92-dollar-24-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….