Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 17 Januarie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Onderwysaktivis waarsku ouers en leerders oor onwettige skole
# AfriForum verwelkom die verlenging van die spertyd vir geskrewe voorleggings oor die Bela-wetsontwerp
# En, rugby: Vyf vroue is ingesluit op Saru se nasionale wedstrydbeampte-paneel
# Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta maan ouers en leerders om waaksaam en op die uitkyk te wees vir skole wat onwettig in die land bedryf word. Die eksamenwaghond Umalusi het verlede jaar gewaarsku teen die vinnige toename in onwettige aanlyn skole en die toename in aangemelde gevalle van vals sertifikate. Makaneta sê onskuldige en niksvermoedende studente is lank genoeg bedrieg deur misdadige elemente wat ongeregistreerde skole bedryf:
AriForum verwelkom intussen die uitstel van die spertyd van 19 Januarie vir die publiek om skriftelike voorleggings in te dien oor die Wetsontwerp op Wysiging van die Basiese Onderwyswette. Die spertyd is nou die 31ste van die maand. ‘n Woordvoerder van AfriForum, Alana Bailey, sê indien die Bela-wetsontwerp in sy huidige formaat goedgekeur word, sal die besluitnemingsbevoegdhede van gemeenskappe en ouers ten opsigte van baie belangrike aspekte van hulle kinders se opvoeding, beëindig word:
# Kibo Energy wat in Ierland gebaseer is, sê hy het voorwaardelik voorlopige goedkeuring gekry vir ontwikkelingsbefondsing vir ʼn afval-tot-energieprojek in Suid-Afrika. Een van die maatskappy se skemas is die ontwikkeling van Sustineri Energy se projek vir plastiek-afval tot sintetiese olie in Gauteng in vennootskap met Industrial Energy Solutions. Die eerste fase bestaan uit die produksie van 2,7-megawatt plastiek-tot-singas en is in ʼn gevorderde projek-ontwikkelingstadium. Die uitvoerende hoof, Louis Coetzee, sê Kibo Energy het in Suider-Afrika, die Verenigde Koninkryk en Ierland vordering gemaak met die lewering van energie-opwekking met lae tot geen koolstofvrystelling.
# Brittanje se inflasie het volgens amptelike data in Desember onverwags toegeneem en verwarring veroorsaak rondom die verwagtinge van ‘n verlangsaming, en die hoop op ‘n rentekoersverlaging laat kwyn. AFP berig die Kantoor vir Nasionale Statistiek het in ‘n verklaring gesê die verbruikersprys-aanwyser-koers het verlede maand tot vier-persent geklim nadat dit in November verlangsaam het tot 3,9-persent. Dit was die laagste vlak sedert September 2001.
# Rugby: ʼn Rekord aantal van vyf vroue is ingesluit in SA Rugby se nasionale paneel van wedstrydbeamptes vir vanjaar. Hulle is Aimee Barret-Theron, Ashley Murray-Pretorius, Sinesipho Foloti, Giana Viljoen en Zoë Naudé. Twee mans, Eon van Zyl en Daniel Canhenga, is van die akademiepaneel na die nasionale paneel bevorder. Die bestuurder van skeidsregters, Banks Yantolo, sê hulle identifiseringsprogram in die provinsiale unies dra nou vrug terwyl hulle hard werk met moontlike topvlak-wedstrydbeamptes met intensiewe afrigting en verbetering.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-8-sent teen die dollar, 20-rand-73-sent teen die euro en 24-rand-15-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 42-duisend-812-dollar-10-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-19-dollar-51-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 76-dollar-96-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….