Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 15 Januarie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA dring daarop aan die Menseregtekommissie moet die SASSA-ondersoek afhandel
# Die regering gaan ‘n program bekendstel om aktiewe burgery aan te moedig
# En, tennis: Die Wimbledon-kampioen verloor teen ‘n kwalifiseerder in die eerste ronde van die Australiese Ope
# Die DA sê hy het ‘n vorderingsverslag van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie versoek oor sy ondersoek na die volgehoue krisis wat SASSA se uitbetaling van maatskaplike toelaes betref. Die party het verlede jaar ʼn amptelike klag by die kommissie ingedien nadat ʼn reeks toelaes nie uitbetaal is nie wat kwesbare ontvangers negatief geraak het. Bridget Masango van die DA sê dis kommerwekkend dat die jongste mislukking om toelaes te betaal, 150-duisend begunstigdes sonder hulle Januarie-geld gelaat het:
# Die regering se Kommunikasie- en Inligtingstelsels gaan dié week ‘n program van 13 episodes met die titel Citizens Connect bekendstel wat deur adverteerders befonds is. Dié maatskaplike werklikheidsprogram het regeringsinhoud, praktiese voorstellings en gesprekke oor geslagsgeweld, vrouemoorde, teen-korrupsie en die regering se Plan vir Ekonomiese Herstel en Heropbou. Die departement sê die regering is daartoe verbind om ‘n wye gehoor te bereik en inhoud met sterk trefkrag te lewer.
# Die Gautengse LUR vir Vervoer en Logistiek, Kedibone Diale-Tlabela, sê haar departement sal hierdie maand en langer voortgaan om in aangewese brandpuntgebiede padveiligheidsoperasies uit te voer. Die doel is om padsterftes te verminder deur mense te onderrig oor padveiligheid, verantwoordelike padgebruik aan te moedig en geen verdraagsaamheid te toon wat wetteloosheid en dronkbestuur betref nie. Die Gautengse ingrypingseenheid vir openbare vervoer sê hy sal voortgaan om nakoming en sigbaarheid op provinsiale paaie te monitor en te verseker.
# ʼn Vulkaan het in Suidwes-Ysland uitgebars met gesmelte lawa wat die buitewyke van ʼn klein vissersdorpie bereik het, en wat sommige huis aan die brand laat slaan het. Die dorp is vroeër die tweede keer sedert November ontruim, weens vrese dat ʼn uitbarsting enige oomblik kon plaasvind, te midde van swaarder seismiese aktiwiteit. Reuters berig die owerhede het verklaar niemand is in gevaar nie. Fonteine van gesmelte klip en rook het by krake in die grond uitgeblaas oor ʼn wye gebied tot by die dorp Grindavik, waar minstens een huis aan die brand geslaan het, volgens beeldmateriaal wat deur plaaslike mediahuise uitgereik is.
# Tennis: Die Wimbledon-kampioen, Marketa Vondrousova, se aanslag op die Australiese Ope is onverwags beëindig in die eerste ronde in Melbourne toe ‘n kwalifiseerder haar in skoon stelle geklop het. Die sewende gekeurde Tsjeggiese speler het 1-6, 2-6 teen Dayana Yastremska van Oekraïne verloor. Die Amerikaanse Ope-kampioen, Coco Gauff, het maklik met Anna Karolina Schmiedlova van Slowakye afgereken om na die tweede ronde deur te dring. Die vierde gekeurde Amerikaner het met 6-3, 6-stroop geseëvier. Die 19de gekeurde Oekraïnse speler, Elina Svitolina, en die 25ste gekeurde Elise Mertens van België het ook gewen.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-64-sent teen die dollar, 20-rand-42-sent teen die euro en 23-rand-74-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 42-duisend-623-dollar-48-sent. Die prys van goud is twee-duisend-56-dollar-86-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 77-dollar-97-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….