Nuus 13:00
BULLETIN 14 Januarie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Politieke ontleder sê Nkosazana Dlamini-Zuma se uittrede voor die verkiesing skaad die ANC
# COSATU doen ‘n beroep op die ANC om werkers se regte te verbeter
# En sokker: Seko Fofana help die gasheer Ivoorkus om ‘n oorwinning te verseker in die Afrikabekertoernooi-aanvangswedstryd
# Die politieke ontleder Benzi Ka-Soko sê die ANC behoort bekommerd te wees oor die jongste besluite deur senior lede van die party. Ka-Soko het gepraat by die ANC se 112de bestaansvierings en klem geplaas op die uittrede-aankondiging van die lid van die nasionale uitvoerende komitee en minister in die Presidensie vir Vroue, die Jeug en Mense met Gestremdhede, Nkosazana Dlamini-Zuma. Hy sê dit behoort die ANC te laat wakkerskrik. Ka-Soko maak melding van die onsekerheid rondom Dlamini-Zuma se toekoms in die politieke arena:
Intussen sê die president van die vakverbond Cosatu, Zingiswa Losi, die ANC skuld staatsamptenare nadat daar nie aan ooreenkomste voldoen is nie. Lose het die ANC se 112de bestaansviering in Mbombela, Mpumalanga, toegespreek en klem geplaas op kommer oor werkers in die openbare sektor wat ingedoen word met salarisse en die behoefte aan die vul van vakante poste, veral in gesondheidsorg en die polisie. Sy vra die instelling van die infrastruktuurprogram met behoorlike tydskale. Losi het ook ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa gedoen om die twee-pot pensioenfondsstelsel van 1 Maart af in te stel:
# Die gesondheid en verwante werkersvakbond Nehawu het ‘n saak in die Arbeidshof aanhangig gemaak teen die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Lindiwe Zulu, vir beweerde nepotisme. Die aansoek bevraagteken die aanstelling van Linton Mchunu as waarnemende direkteur-generaal van Maatskaplike Ontwikkeling. Zulu het in Augustus 2023 te doen gekry met aanklagte van nepotisme omdat sy na bewering die aanstellingskriteria aangepas het om Mchunu te bevoordeel. Nehawu beweer Mchunu se heraanstelling is onregmatig en oortree die staatsdiensregulasies oor hoe lank iemand in ‘n waarnemende posisie kan dien.
# Sokker: Die Ivoorkus het gisteraand al drie punte ingesamel in hulle Groep A-kragmeting in hulle aanvangswedstryd by die Afrikabekertoernooi. Seko Fofana se asemrowende vroeë doel het die gashere gehelp op die pad na ‘n 2-0-oorwinning oor Guinee-Bissau aan die begin van die toernooi. Die wedstryd is bygewoon deur nagenoeg 38-duisend mense. Jean-Philippe Krasso was verantwoordelik vir die gashere se ander doel. Bafana Bafana keer terug na die toernooi nadat hulle twee jaar gelede nie kon kwalifiseer nie. Hulle eerste wedstryd in Dinsdag teen Mali.
# En, om mee af te sluit: Denemarke slaan vandag ‘n nuwe blaadjie om wanneer koningin Margrethe abdikeer en haar 55-jarige seun koning Frederik die Tiende word. Meer as 100-duisend Dene sal na verwagting opdaag vir die ongekende geleentheid. Reuters berig die uiters gewilde 83-jarige koningin sal vanmiddag uit haar woning in Kopenhagen se Amalienborg-paleis vertrek vir ‘n kort koetsrit na die Christiansborg-paleis, waar die regering en die parlement gesetel is en waar sy die abdikasieverklaring sal onderteken. Dit beëindig haar heerskappy van 52-jaar en is slegs die tweede keer dat ‘n Deense heerser uittree.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….