Nuus 13:00
BULLETIN 27 September 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Gautengse adjunkpolisiekommissaris hou toesig oor die Murray- en Van Niekerk-moordsake
# Eskom is onderneem om ladingvermindering uit te skakel
# En die VN ken die Dag Hammarskjöld-medalje postuum toe aan majoor Tolla Pieterse
# Die waarnemende adjunk-nasionale polisiekommissaris, Khasi Senthumule, het die adjunk-provinsiale kommissaris van Gauteng, Mbuso Khumalo, aangestel om toesig te hou oor ‘n dubbel-moordondersoek. Dit handel oor die moord op pa en seun, Cloete en Thomas Murray, en die moord op prokureur Bouwer van Niekerk. Die Murray-skietery het in Maart 2023 langs die N1 tussen Johannesburg en Pretoria plaasgevind. Van Niekerk is vroeër vandeesmaand in die kantoor van SmithSew-prokureurs in Sandton doodgeskiet.
# Eskom sê hulle is daartoe verbind om ladingsvermindering binne die volgende 12 tot 18 maande uit te skakel. Eskom-woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die doelwit sal bereik word deur 640-duisend onwettige verbindings te verwyder en die infrastruktuur op te gradeer. Sy sê dit sluit die installering van slimmeters in wat onwettige elektrisiteitsverkope bekamp, en toegang tot gratis basiese elektrisiteit in prioriteitsgebiede uitbrei:
# Statistieke Suid-Afrika sê die aantal likwidasies het in Augustus met 0,8-persent gedaal vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Die data toon dat likwidasies van beslote korporasies met elf gevalle gedaal het, terwyl maatskappylikwidasies met tien toegeneem het. Onica Mushwana van Statistieke SA sê likwidasies het met byna agt-persent gestyg in die drie maande tot Augustus en met 1,5-persent toegeneem in die eerste agt maande van dié jaar in vergelyking met verlede jaar:
# Drie verdagtes word vir ondervraging aangehou nadat twee verminkte liggame op ‘n erf in die Kranspoort-gebied langs die N11 Groblersdal-pad in Middelburg, Mpumalanga gevind is. Polisiewoordvoerder, Fundiswa Maphanga, sê die polisie het op ‘n klagte op die erf gereageer. Hy sê met aankoms het die lede die liggame van twee onbekende slagoffers ontdek:
# Katie Boulter en Cameron Norrie van Brittanje het albei skoonstel-nederlae by die Chinese Ope gely. Die Britse nommer twee, Boulter, het die spit lelik afgebyt teen die Wimbledon en Amerikaanse Ope-finalis, Amanda Anisimova, nadat sy haar Amerikaanse landgenoot Hailey Baptiste in die eerste ronde geklop het. In die mansloting is Norrie ook uit nadat hy in die eerste ronde teen die agtste gekeurde Daniil Medvedev verloor het. Hy het die Rus vroeër vanjaar by die Franse Ope geklop, maar kon nie in die herontmoeting slaag nie.
# En ten slotte: Die Verenigde Nasies het die Dag Hammarskjöld-medalje toegeken aan die oorlede lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, majoor Tolla Pieterse. Die adjunkhoof van die SANW, generaal-majoor René Mercuur, sê Pieterse is in Julie 2024 noodlottig gewond toe ‘n handgranaat naby sy slaapvertrek in die Beni-basis in die oostelike streek van die Demokratiese Republiek van die Kongo ontplof het. Hy sê die Dag Hammarskjöld-medalje is ‘n postume toekenning wat deur die VN toegeken word aan die families van militêre, polisie- of burgerlike personeel wat hul lewens verloor het terwyl hulle in sy vredesoperasies gedien het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….