Nuus 13:00
BULLETIN 10 September 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Waarheids- en Versoeningsondersoek bepaal ‘n voorlopige tydrooster
# Suid-Afrika sê Israel se aanval op Katarse grondgebied is ‘n blatante skending van internasionale reg
# En atletiek: Sebastian Coe erken daar gaan hitte-uitdagings wees tydens die wêreldkampioenskap in Tokio
# Die kommissie van ondersoek onder leiding van afgetrede Konstitusionele Hof-regter Sisi Khampepe, oor vermeende pogings om die Waarheids- en Versoeningskommissie se ondersoeke te keer, oorweeg ‘n voorlopige tydrooster. Getuieverklarings en ander getuienis word teen 10 Oktober verwag, met mondelinge getuienis vanaf 10 November. ‘n Woordvoerder vir die kommissie, Lionel Adendorf, sê die kommissarisse hersien tans hierdie voorstelle:
# Action Society sê die voortdurende uitstel van hofsake weens gebrekkige forensiese, ondersoek-, en vervolgingsvermoë is kommerwekkend. In een geval is Joshlin Marthinus in die Wes-Kaap na bewering deur haar kêrel vermoor. Die saak het op 27 Augustus in Atlantis se Streekhof voorgekom, maar is tot 11 September uitgestel vir ‘n voorverhoorkonferensie. Action Society se woordvoerder, Kaylynn Palm sê die volgehoue vertragings traumatiseer slagoffers van voor af en verswak die publiek se vertroue in die regstelsel:
# Die regering het Israel se lugaanval in die Katarse hoofstad, Doha, veroordeel as onwettig en ongevraagd. Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê dit was absoluut geregverdig omdat senior Hamas-leiers geteiken is wat die aanvalle van 7 Oktober 2023 georganiseer het. Vyf Hamas-lede is dood. Chrispin Phiri van die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê die aanval op Katarse grondgebied is ‘n blatante skending van internasionale reg, terwyl dit ook die veiligheid van burgerlikes in gevaar gestel het:
# Atletiek: Die president van Wêreldatletiek, Sebastian Coe, het erken daar gaan hitte-uitdagings wees tydens die wêreldkampioenskap wat die naweek in Tokio, Japan, begin. Die land beleef sy warmste somer ooit, met gemiddelde temperature tussen Junie en Augustus wat 2,36-grade Celsius hoër as die normale vlakke is. Die temperatuur het gister tot 33-grade gestyg. Coe sê sportleiers bespreek die toekomstige risiko’s van aardverwarming, maar sê Wêreldatletiek is beter toegerus om die uitdagings te hanteer as ander sportliggame.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-56-sent teen die dollar, 20-rand-55-sent teen die euro en 23-rand-76-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 112-duisend-355-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-645-dollar-90-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-77-sent per vat.
# En laastens, meer as 20-duisend inskrywings van 30 lande is vir die Musiekfotografie-toekennings ontvang. Abbey Road Studios het die benoemdes aangekondig met twee nuwe kategorieë wat bygevoeg is: portrette en feeste. Die foto’s wat ingeskryf is, beeld onder ander sterre soos Chapple Roan, Lana Del Rey, Charli XCX, Maggie Rogers, Doja Cat, and Burna Boy uit. Al 40 foto’s wat benoem is, sal laer die maand in Outnet se Now Pop One-ruimte in Londen tentoongestel word. Die toekenningseremonie word op 2 Oktober in Abbey Road, London, gehou.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….