Nuus 13:00
BULLETIN 6 September 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA dien ‘n PAIA-aansoek in om ‘n rekord van De Lille se besluit te bekom vir die ontbinding van die SA Toerismeraad
# Die Wes-Kaap en taxiverenigings wil vrede en stabiliteit op Somerset-Wes-roetes verseker
# En Rugby: Die Springbokke verloor teen All Blacks in massiewe stryd op Eden Park
# Die DA sê hy het amptelik ‘n aansoek by die Departement van Toerisme ingedien ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting. Die party sê dit is om die minister van Toerisme, Patricia de Lille se volledige rekord te bekom oor haar besluit om die SA Toerismeraad te ontbind. Haseena Ismail van die DA sê die party het intussen amptelike bevestiging gekry dat sy aansoek ontvang is:
# Die LUR vir Mobiliteit in die Wes-Kaap, Isaac Sileku, sowel as die CATA- en CODETA-taxiverenigings wat op die Somerset-Wes-roetes werk, stem saam oor ‘n dringende behoefte om vrede en stabiliteit te verseker. Sileku sê dit volg ná nog ‘n noodlottige skietery Donderdag in Lwandle wat verband hou met geskille tussen die twee taxiverenigings. Sileku sê geweld en wetteloosheid het geen plek in die Wes-Kaapse gemeenskappe of die vervoerstelsel nie:
# Die Universiteit van die Wes-Kaap sê hy speel ‘n sleutelrol in die vasteland se optrede teen die jongste Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo. Die UWK se woordvoerder, Gasant Abarder, sê die uitbreking, wat in die Kasai-provinsie bevestig is, het reeds 15 lewens geëis, met 28 vermeende gevalle wat in die Bulape- en Mweka-gesondheidsones aangemeld is. Hy sê dit is die DRK se 16de Ebola-uitbreking en die eerste in Kasai sedert 2008:
# Rugby: Die All Blacks moes hard teen die Springbokke veg om ‘n 24-17 oorwinning op Eden Park in Auckland te behaal, in hul eerste 2025 Rugbykampioenskapswedstryd. Die All Blacks is nou vir 51 wedstryde onoorwonne op die Eden Park stadion. Nieu-Seeland het in die eerste helfte oorheers met drieë deur Emoni Narawa en Will Jordan, en het rustyd met 14-3 voorgeloop. Die Springbokke het teruggeveg en twee drieë gedruk, maar die All Blacks se vroeë voorsprong was net te veel. Die Bokke het tot dusver een wedstryd gewen en twee in die kompetise verloor en is onder aan die punteleer.
En in ander Rugby nuus, die assistentafrigter van die Springbokvroue, Laurian Johannes-Haupt, sê die span is besig met hulle finale voorbereidings voor hulle wedstryd môre teen Frankryk in Northampton in hulle laaste Groep D-wedstryd van die Vroue-Wêreldbeker. Frankryk, wat vierde op die wêreldrangleer is, sal ‘n uitdagende wedstryd wees voordat die Bokke teen Nieu-Seeland of Ierland in die volgende ronde speel. Sy beklemtoon al is hulle plek in die kwarteindstryd verseker, gaan die Bokvroue Sondag speel om te wen en nie net om deel te nie:
# En ten slotte: Terwyl Suid-Afrika Erfenismaand vier, sê die Universiteit van Wes-Kaapland die nalatenskap van wyle Amy Biehl is steeds ‘n bron van hoop, vergifnis en jeugbemagtiging. Biehl, ‘n Amerikaanse Fulbright-beurshouer, is dood tydens politiek onluste in 1993 in Gugulethu. Robert Balfour van die universiteit sê Biehl se ouers het vergifnis gekies en die Amy-stigting geskep, wat weekliks meer as een-duisend-400 kinders en jeugdiges ondersteun deur naskoolse en vaardigheidprogramme:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….