Nuus 13:00
BULLETIN 5 September 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Saftu veroordeel die groot aantal werkverliese
# Activists and Citizens Forum sê Ramaphosa is voluit besig met vertragingstaktiek met Madlanga-kommissie
# En, Diageo SA verwelkom die verlaging in minimum alkohol-inhoud van sterk drank
# Die vakbondfederasie Saftu is woedend oor die toenemende werksverliese wat elke sektor van die land se ekonomie verwoes. ArcellorMittal SA sluit teen die einde van September sy langstaal-besigheid wat tot drie-duisend-500 werksverliese sal lei. Die Ford Motor-maatskappy in Suid-Afrika gaan 474 mense aflê by sy aanlegte in Pretoria en Gqeberha. Saftu-woordvoerder, Asive Dyani, sê die werksverliese word veroorsaak deur neo-liberale beleid, besnoeiings en korporatiewe gierigheid:
# Die Activists and Citizens Forum sê President Cyril Ramaphosa se plan om die Madlanga-kommissie van ondersoek aan te stel ná KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, generaal Ntlantla Mkhwanazi, se bewerings in Julie, is ‘n vertragingstaktiek om die waarheid te onderdruk. Die forum se woordvoerder, Dennis Bloem, sê hy is nie verbaas óf geskok oor die skielike struikelblokke wat die kommissie verhinder om sy taak te verrig nie:
# Diageo Suid-Afrika verwelkom die Departement van Landbou se gewysigde regulasies vir die Wet op Drankprodukte, wat die minimum alkoholinhoud in sterk drank van 43-persent tot 40-persent verlaag. Die direkteur van korporatiewe verhoudings, Sibani Mngadi, sê die verandering verminder aksynsbelasting met ongeveer sewe-rand per 750-milliliter-bottel, wat onkoste vir vervaardigers en verbruikers minder maak. Mngadi sê die wysiging bring plaaslike regulasies in lyn met internasionale norme, bevorder uitvoergeleenthede met die smaak en gehalte van produkte wat onveranderd bly.
# Die Russiese president Vladimir Putin waarsku dat enige Westerse magte wat in Oekraïne ontplooi word, ‘n wettige teiken vir Moskou se weermag sal wees. Dit volg ʼn dag nadat Kiev se bondgenote gesê het hulle sal soldate daarheen stuur indien ʼn vredesooreenkoms bereik word. Meer as 20 lande onder leiding van Frankryk en Brittanje het onderneem om ʼn “gerusstellings”-mag te stuur om enige vredesooreenkoms te patrolleer. Kiev sê sekuriteitswaarborge wat deur Westerse magte gesteun word, is noodsaaklik vir enige ooreenkoms om te verseker Rusland hou daarby.
# Rugby: Die hulpafrigter van die Springbokke, Mzwandile Stick, het hom nie veel gesteur aan die druk van ‘n toets op Eden Park nie en fokus op hulle voorbereiding vir die wedstryd môre teen die All Blacks in die Rugbykampioenskap. Hy sê hulle gaan op die statistieke fokus en nie op die geskiedenis nie, omdat ‘n wedstryd nie deur geskiedenis gewen word nie. Net Eben Etzebeth, Siya Kolisi en Willie le Roux in die groep van 23, het al voorheen op Eden Park gespeel waar die Bokke die All Blacks laas in 1937 geklop het. Die afskop is om vyf-oor-nege Suid-Afrikaanse tyd.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-68-sent teen die dollar, 20-rand-67-sent teen die euro en 23-rand-83-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 112-duisend-210-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-550-dollar-26-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-70-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….