Nuus 13:00
BULLETIN 2 Julie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Minerale Raad kritiseer die kabinet oor ‘n gebrek aan raadpleging oor ingrypings in die chroombedryf
# ‘n Bosbrand op die Griekse eiland Kreta lei tot ontruimings
# En veeartse van Onderstepoort snel ‘n olifant te hulp in Kambodja
# Die Minerale Raad van Suid-Afrika is bekommerd oor regeringsplanne om in te gryp in die chroom- en ferrochroombedryf. Hy waarsku voorgestelde maatreëls soos uitvoerbelasting kan die mynbousektor benadeel, werksgeleenthede bedreig en ekonomiese groei belemmer. Die raad vra dringende gesprekke om te verseker waarde-toegevoegde ver-edeling benadeel nie mynbouvolhoubaarheid nie. Die raadslid, Allan Seccombe, het die laer elektrisiteitsonkoste en belastingverligting vir plaaslike smelters verwelkom:
# Die Stad Johannesburg vra grondeienaars om ten volle gebruik te maak van die aansienlike korting op eiendomme wat deur die 2025/26-Eiendomsbelastingbeleid beskikbaar is. Die stad wil belegging in die eiendomsmark aanmoedig en belangrike voorstedelike gebiede laat herleef. Woordvoerder Nkosana Lekotjolo sê dit volg nadat die raad die begroting vir die nuwe boekjaar in Mei aanvaar het:
# ‘n Bosbrand wat oornag op Griekeland se grootste eiland, Kreta, uitgebreek het, het gelei tot die ontruiming van toeriste en inwoners aan die suidkus. Brandbestryders het deur die nag geveg teen die vinnig-verspreidende brand. Sommige mense is vir asemhalingsprobleme behandel, maar daar was geen onmiddellike berigte van ernstiger beserings nie. Die owerhede sê minstens een-duisend-500 mense is ontruim en na tydelike skuilings geneem. Griekeland word dikwels deur veldbrande getref gedurende die warm, droë somers. Die jongste brand het onstaan terwyl Europa deur ‘n ernstige hittegolf geteister word.
# Kanovaart: Hank McGregor het sy staal gewys op die eerste dag van die Bergrivier-marathon met ʼn reuse-voorsprong van byna ses minute op Robert Herreveld. Die 47-jarige wêreldkampioen is reeds ʼn gunsteling om sy 14de titel op te raap. In die vroueafdeling was Nix Birkett en Jenna Nisbet kop aan kop in die skof van 62 kilometer tussen die Paarl en Zonquasdrift. Vandag roei deelnemers van Gouda na Bridgetown ná ʼn besluit om die deel tussen Zonquasdrift en Gouda uit te sny weens gevaarlike toestande.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-50-sent teen die dollar, 20-rand-64-sent teen die euro en 23-rand-91-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 109-duisend-997-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-350-dollar-11-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 68-dollar-22-sent per vat.
# En ten slotte: Professore Gerhard Steenkamp en Adrian Tordiffe van die Universiteit van Pretoria se Fakulteit Veeartsenykunde in Onderstepoort het na Kambodja gereis om ‘n tandtrek-prosedure op ‘n olifant uit te voer. Steenkamp sê die reis wat tot dié reusetaak gelei het, het bykans 18 maande gelede begin toe dokter Navaneetha Roopan die Kulen-olifantwoud besoek het waar hy die olifant met ‘n gebreekte tand opgemerk het:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….