Nuus 13:00
BULLETIN 29 Junie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC heroorweeg dalk sy begrotingsposisie nadat die DA dreig met teenkanting
# Die polisie lê beslag op 19-miljoen-rand se vervalste goedere in Bloemfontein
# En, die VN-kernhoof sê Iran kan binne maande uraan vir ‘n bom begin verryk
# Die ANC sê sy parlementêre koukus mag dalk sy standpunt oor sekere begrotings hersien nadat die DA-leier John Steenhuisen gedreig het om nie befondsing te ondersteun wat aan gekompromitteerde ANC-ministers gekoppel is nie. Steenhuisen het ook die DA se onttrekking aan die Nasionale Dialoog bevestig. ANC-woordvoerder Mahlengi Bhengu-Motsiri sê die DA moet besluit of hy deel is van die Regering van Nasionale Eenheid of die opposisie:
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik, vra dat belangebotsings in alle regeringsdepartemente geoudit word. Dit volg ná die arrestasie van die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, en ses ander op korrupsieklagte wat verband hou met die aanstelling van Dineo Mokwele in ‘n uitvoerende posisie sonder polisie-kwalifikasies. Wayne Duvenage van OUTA sê te veel amptenare en hul families doen sake met die staat, en dring aan dat president Cyril Ramaphosa hervormings verbeter om korrupsie te stop:
# Polisie in die Vrystaat het beslag gelê op vervalste goedere ter waarde van meer as 19-miljoen-rand en ses buitelandse burgers in hegtenis geneem tydens operasies in Bloemfontein hierdie week. Die Nasionale Eenheid vir Vervalste Goedere het met die ondersteuning van SARS Doeane, meer as 13-duisend nagemaakte luukse items gekonfiskeer. ‘n Polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk, sê die arrestasies sluit in oortredings van die immigrasiewet, met een verdagte wat bykomend aangekla word van verset teen arrestasie. Sy sê pogings om onwettige handel te bestry, duur voort:
# Die hoof van die VN se kernwaghond sê Iran het die vermoë om binne ‘n paar maande weer uraan vir ‘n moontlike bom te begin verryk. Die hoof van die Internasionale Atoomenergie-agentskap, Rafael Grossi, sê die Amerikaanse aanvalle op drie Iranse terreine verlede naweek het ernstige maar nie totale skade veroorsaak nie. Dit weerspreek Donald Trump se bewering dat Iran se kernfasiliteite heeltemal uitgewis is. Grossi sê niemand kan beweer dat alles verdwyn het of dat daar niks is nie. Grossi het aan CBS News gesê Teheran kan van die toerusting gereed hê om verrykte uraan te produseer.
# Gholf: Die twintigjarige Aldrich Potgieter van Suid-Afrika is op die punt om geskiedenis te maak. Die jongste nuweling op die PGA-toer begin die laaste ronde van die Rocket Classic met ‘n voorsprong van twee houe. Hy het gister ‘n ronde van 65 gespeel met vyf agtereenvolgende voëltjies op putjies vier tot nege. As hy vandag so voortgaan sal Potgieter die jongste Suid-Afrikaner ooit word om op die PGA-toer te wen. Daar is vyf spelers kort op sy hakke op 17 onder baansyfer: Max Greyserman, Jake Knapp, Mark Hubbard, Andrew Putnam en Chris Kirk.
# En ten slotte sokker: Die loongeskil tussen die heersende Afrikabeker-kampioene vir vroue, Banyana Banyana, en die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging is opgelos. Banyana het geweier om in Marokko te oefen weens onbetaalde salarisse en kampoefen-geld van SAFA. Die span berei voor vir die toernooi wat op 5 Julie begin. Die SAFA visepresident, Linda Zwane, het na afloop van die vereniging se kongres in Sandton erken Maart-bonusse is nie betaal nie maar gesê die saak is afgehandel:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….