Nuus 13:00
BULLETIN 28 Junie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister George begroot 2,8-miljard-rand om 70-duisend groen poste te skep
# ‘n Botsing reg van voor op die R-23 in Mpumalanga eis ses lewens
# En die Botswana-regering en Bridgette Motsepe bereik ‘n hofskikking
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê 2,8-miljard-rand van die departement se mediumtermynbegroting van nege-miljard-rand word op omgewingsprogramme bestee wat 70-duisend werksgeleenthede sal skep. George het in die Parlement gesê die helfte gaan na openbare werke en bewaringsentiteite soos die Suid-Afrikaanse Parke. Hy sê die hersiene Biodiversiteitsekonomie-strategie sal teen 2036 jaarliks 127-miljard-rand en 397-duisend werksgeleenthede ontsluit. Ten spyte van beperkte befondsing, het die departement ‘n verbintenis tot klimaatsaksie, skoon lug en volhoubare werkskepping.
Die EFF-parlementslid, Lilian Managa, het intussen die Omgewingsbegroting in die Nasionale Vergadering verwerp en die regering beskuldig dat hulle werklike besnoeiings aan noodsaaklike omgewingsprogramme wegsteek. Managa het ‘n styging van 15,1-persent in administratiewe koste gekritiseer terwyl landelike ontwikkeling, bosbou en afvalbestuur onderbefonds word. Sy eis ‘n verskuiwing van 260-miljoen-rand van administrasiekoste na gemeenskapsgedrewe, werkskeppende projekte en waarsku die werkersklas moet nie die las van omgewings- en ekonomiese ongeregtigheid dra nie:
# Die magnaat met ANC-bande, Sello Sekhokho het winsgewende tenders ontvang vir die verskaffing van toiletpapier aan staatshospitale. Die tenderpreneur word betrek by die ondersoek na die Tembisa-hospitaal se korrupsieskandaal van 2,3-miljard-rand. Volgens News24 het dit hernude kommer oor verkrygingsonreëlmatighede en politieke invloed laat ontstaan. Kritici sê korrupsienetwerke maak steeds wins uit die verskaffing noodsaaklike voorrade terwyl gesondheidstesels onder druk verkeer Die Spesiale Ondersoekeenheid en die Valke ondersoek nou onlangse tendertoekennings.
# Ses mense is gisteraand dood in ‘n botsing reg van voor tussen ‘n BMW en Volkswagen-sedan, op die R-23 tussen Greylingstad en Val in Mpumalanga. Volgens berigte is almal op die toneel dood. Vyf van die slagoffers was mans. Die owerhede vermoed die oorsaak is roekelose bestuur, hoë spoed en die gevaarlike verbysteek van ‘n voertuig. Mpumalanga se LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Sekuriteit en Skakeling, Jackie Macie, sê motoriste moet waaksaam bly en die padreëls gehoorsaam.
# Die Botswana-regering en sakevrou Bridgette Motsepe het ‘n hofskikking bereik wat die voortslepende Butterfly-saak beëindig. Die skikking sal bevestig word deur ‘n bevel van die Hooggeregshof, wat waarskynlik ‘n verskoning aan Motsepe en die afwysing van bewerings van klandestiene betalings, bedrog en korrupsie insluit. Die bekende internasionale prokureur, Cherie Blair, sê Motsepe se regspan sal ‘n lastersaak in Suid-Afrika teen individue wat by die saak betrokke is, aanhangig maak:
# En tennis: Die Britse nommer een en 38ste in die wêreld, Emma Raducanu, kom Maandag teen die tiener-promoterskeuse, Mimi Xu te staan in ‘n belangrike eerste rondte-wedstryd by Wimbledon. Die 17-jarige Xu maak haar Grand Slam-debuut en beskryf haar teenstander as haar inspirasie. Xu is net buite die wêreld se top-300 gekeur en het die somer reeds twee oorwinnings op die grasbaan behaal teen top-100-spelers.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….