Nuus 13:00
BULLETIN 26 Junie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Zuma sê die hof moet die ANC se besluit verwerp om sy lidmaatskap na 65 jaar op te hef
# Kenia se Hoërhof hef ‘n verbod op mediadekking van betogings op
# En rugby: Die Leeus se afrigter skommel sy span vir die wedstryd teen Western Force
# Die MK-party se president, Jacob Zuma, het ‘n aansoek by die Hooggeregshof ingedien teen die ANC en sy president, Cyril Ramaphosa. Hy wil hê die hof moet die ANC se besluit omkeer om sy lidmaatskap na 65 jaar te beëindig, wat hy onwettig noem. Zuma is verlede jaar uit die party geskop oor sy rol in die stigting van die MK-party. MK sê hy staan by Zuma in hierdie grensverskuiwende saak wat hopelik sy lidmaatskap van albei partye sal herstel.
# Die Vereniging van Staatsamptenare verwelkom die Wêreldbank se onlangse goedkeuring van ʼn lening van 27-miljard-rand, maar waarsku teen die moontlikheid van plundery. Die lening is bedoel vir langverwagte strukturele hervormings aan die land se infrastruktuur. Die vakbond se woordvoerder, Claude Naiker, sê die Nasionale Tesourie moet ʼn multidissiplinêre span aanstel om seker te maak geen plundery van staatsfondse vind plaas nie:
# Build One South Africa sê dis onaanvaarbaar dat meer as vyf-miljoen-rand bestee is aan die salarisse van elf polisielede wat met volle salaris geskors is. Dit sluit in ‘n luitenant-generaal wat sedert Julie 2022 by die huis sit. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het op ‘n parlementêre vraag onthul dat verskeie sersante en konstabels vroeër vanjaar geskors is met betaling wat wissel van 35-duisend- tot 56-duisend-rand elk:
# Die Hooggeregshof in Milimani het ‘n opdrag van Kenia se Kommunikasie-owerheid opgeskort wat regstreekse dekking van die versetoptrede verbied. Dit volg nadat 16 mense dood is in hernude betogings om die dodelike belasting-betogings en die dood van die politieke webjoernaalskrywer Albert Ojwang in polisie-aanhouding te herdenk. Regter Chacha Mwita het beslis die bevel wek ernstige grondwetlike kommer, insluitend skending van mediavryheid en die Handves van Menseregte. Die hof het gelas alle uitsaaiseine wat geraak is, soos dié van Citizen TV, Kenya Television Network, NTV en K24, moet onmiddellik herstel word.
# Rugby: Dan Sheehan van Ierland sal die Britse en Ierse Leeus aanvoer in sy eerste wedstryd vir die span wanneer hulle Saterdag teen Western Force speel in Perth, Australië. Die afrigter, Andy Farrell, het 13 veranderings aangebring aan die span wat verlede week in Dublin teen Argentinië verloor het. Garry Ringrose, James Lowe, Joe McCarthy en Josh van der Flier maak ook hulle buigings in die opdrafspan. Die span bestaan uit agt Ierse spelers, vier Skotte, twee Engelse en een Wallieser, Tomos Williams.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-69-sent teen die dollar, 20-rand-73-sent teen die euro en 24-rand-31-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 107-duisend-550-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-340-dollar-28-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-32-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….