Nuus 13:00
BULLETIN 23 Junie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Banke word beskuldig van apartheidstaktiek te midde van die krisis van huise wat teruggeneem word
# Alle staatsamptenare word gevra om hul mediese fondse prys te gee
# En rugby: Vyf nuwelinge is in die All Blacks se groep ingesluit vir die tuistoetse teen Frankryk
# Die president van die Lungelo Lethu-menseregtestigting, Nkululeko Xhelithole, sê Suid-Afrikaanse banke funksioneer steeds volgens apartheidstelsels te midde van ‘n krisis met die terugneem van huise. Hy vergelyk dit met gedwonge uitsettings en kritiseer banke dat hulle grondwetlike behuisingsregte ignoreer. Dit volg nadat die Hooggeregshof Standard Bank berispe het omdat hy die huis van Zwelinzima Vavi van die vakverbond SAFTU wou terugneem. Intussen het ‘n kenner van bank-reg, Douglas Shaw, die regering gekritiseer dat hy nie wette hersien wat banke toelaat om teruggeneemde huise ver onder die markwaarde te verkoop nie.
# Die stigter van Young Intelligent Minds of South Africa, Jeffrey Mabunda, het ‘n beroep op alle staatsamptenare gedoen om hul mediese fondse prys te gee en openbare hospitale vir mediese sorg te gebruik. Hy sê wanneer adjunkpresident Paul Mashatile siek is, gaan hy nie na die Charlotte Maxeke Johannesburgse Akademiese Hospitaal nie. Mabunda sê Suid-Afrikaners sal eerder uitvind dat hy in die geheim mediese sorg in Rusland ontvang het, net soos in die dae van die voormalige adjunkpresident, David Mabuza:
# Mashatile is intussen terug in Suid-Afrika na ‘n werksbesoek aan Rusland. Sy besoek het verskeie gesprekke ingesluit wat gemik was op die versterking van die bilaterale handels- en ekonomiese betrekkinge tussen die lande. Mashatile sê die Globale Suide se belangrike rol in die vorming van internasionale ekonomiese staatsbestuur is onbetwisbaar. Hy sê Afrika is besig om vinnig te verander in ‘n sentrum vir globale groei. Mashatile sê die vasteland het die potensiaal om die volgende golf van industrialisering, digitale hervorming en volhoubare ontwikkeling aan te voor.
# Die Workers and Socialist Party veroordeel die Amerikaanse aanvalle op Iran en sê dit is ‘n katastrofiese verergering van imperialistiese aggressie. Amerika het die naweek drie kernaanlegte in Iran gebombardeer en beweer hy het die land se kern-ambisies ‘n nekslag toegedien. Mametlwe Sebei van die party sê die oorlog gaan nie oor sekerheid nie, maar oor Amerikaanse en Israelse oorheersing van die Midde-Ooste, beheer oor hulpbronne en die ophou van Benjamin Netanyahu se ver-regse regering wat besig is om in duie te stort:
# Rugby: Die All Blacks se afrigter, Scott Robertson, het vyf nuwelinge ingesluit by sy groep van 33 vir volgende maand se drie tuistoetse teen Frankryk, met Scott Barrett wat terug is as kaptein. Die nuwelinge is Brodie McAlister, Ollie Norris, Fabian Holland, Du’Plessis Kirifi en Timoci Tavatavanawai. Samisoni Taukei’aho en Quinn Tupaea, wat onderskeidelik in 2023 en ’22 laas vir Nieu-Seeland uitgedraf het, is ook terug in die groep. Robertson sê hulle moes kontinuïteit en geleentheid balanseer:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-7-sent teen die dollar, 20-rand-71-sent teen die euro en 24-rand-18-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 101-duisend-603-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-367-dollar-19-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 75-dollar-88-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….