Nuus 13:00
BULLETIN 17 Junie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die VF Plus verwelkom die gepubliseerde riglyne vir die instelling van die Bela-wet
# Ouers moet 2026 se plasings in Wes-Kaapse skole vandag bevestig
# En die jongste ronde samesprekings vir COP30 is aan die gang
# Die Vryheidsfront Plus het die gepubliseerde riglyne vir die instel van die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette verwelkom, aangesien dit die ernstigste risiko’s wat die BELA-wet inhou, gedeeltelik verminder. Die woordvoerder, Wynand Boshoff, sê die riglyne beperk die provinsiale departementshoof se gesag om in te meng met skole se taal- en toelatingsbeleid, maar gee nie ten volle aandag aan al die bekommernisse rakende die wet nie:
Nog skolenuus: Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het ouers wie se kinders meer as een plasing vir Graad R, 1 of 8 vir 2026 gekry het, versoek om voor die einde van vandag hul keuse te bevestig. Die LUR vir Onderwys, David Maynier, sê hierdie ouers vertraag die plasing van ander leerders. Hy versoek dringende bevestiging van plasings aangesien baie ouers wag vir plek vir hul kinders:
# Die jongste ronde internasionale klimaatsamesprekings vir die COP30-klimaatberaad in November het in Bonn, Duitsland, begin. Belangrike kwessies op die agenda sluit in die Globale Doel oor Aanvaarding, klimaatsfinansiering vir ontwikkelende lande, billike oordrag, deursigtigheidsraamwerke en tegnologiese oordrag. Regerings werk aan bloudrukke wat vier jaar gelede opgestel is om teen die einde van die eeu temperatuurstyging tot 2,6 tot 2,8 grade Celsius te beperk.
# Rugby: Die Nieu-Seelandse losvoorspeler Ardie Savea gaan volgende jaar weer vir Kobelco Kobe Steelers in Japan speel nadat hy ‘n sabbatsverlof-klousule in sy kontrak geaktiveer het. Kobe het vanjaar vyfde geëindig in Japan Rugby se eerste liga – 20 punte agter die kampioen, Toshiba Brave Lupus. Savea sal vanjaar in aanmerking kom vir die All Blacks se toetse teen Frankryk en die toetse in Julie volgende jaar. Nieu-Seeland Rugby sê sabbatsverlof bied buigsaamheid om die mees senior spelers geleentheid te gee om in verskillende omgewings te speel.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-83-sent teen die dollar, 20-rand-60-sent teen die euro en 24-rand-15-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 106-duisend-499-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-382-dollar-38-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 73-dollar-27-sent per vat.
# En laastens, ‘n student in Sosiale Wetenskap en Ekonomie aan die Noordwes-universiteit, Maano Rambwa, sê sy strewe na finansiële onafhanklikheid is die rede waarom hy ‘n entrepreneur geword het. Hy het Candy Corner in 2023 begin, lekkers op die kampus verkoop en geld gespaar om ‘n motor te koop. Dit is nou by die Bolt-e-taxidiens geregistreer waarmee hy vervoer aanbied vir studente en inwoners van Mahikeng. Rambwe sê dit verg self-dissipline en struktuur om ‘n onderneming te bedryf terwyl jy studeer.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….