Nuus 13:00
BULLETIN 14 Junie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Mediese Vereniging waarsku teen waterdraende siektes in die Oos-Kaap
# Vyf mense is dood in ‘n hoëspoed-ongeluk op die N2 naby Ermelo
# En sokker: Bafana Bafana dring deur na die COSAFA-eindstryd
# Die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging, Mvuyisi Mzukwa, waarsku teen uitbrekings van waterdraende siektes soos cholera en maangaandoenings ná die oorstromings in die Oos-Kaap. Mzukwa het aan Newzroom Afrika gesê hy is bekommerd oor die skade aan die water- en sanitasie-infrastruktuur en die druk op gesondheidsorgfasiliteite. Hy sê gesondheidswerkers is onder geweldige druk, met beperkte hulpbronne en ontwrigte dienste, wat die uitdagings net vererger:
Die premier van KwaZulu-Natal, Thami Ntuli, sê intussen wette moet afgedwing word om te keer dat mense in vloedgebiede bou. Ten minste 86 mense het die afgelope week in die Oos-Kaap omgekom. In reaksie op die 2022-oorstromings in KwaZulu-Natal, wat 443 lewens geëis het, het Ntuli gesê mense wat wins maak uit onwettige ontwikkelings vererger die risiko. Hy sê dringende optrede word verlang van die regering, tradisionele leiers en belanghebbendes om munisipaliteite te ondersteun in die toepassing van verordeninge om tragedies en lewensverlies te voorkom:
# Vyf mense is gistermiddag dood in ‘n ongeluk op die N2 tussen Ermelo en Mkhondo in Mpumalanga. Die botsing, waarby twee motors en ‘n vragmotor betrokke was, het naby Ngwempisi plaasgevind. Een motor, wat na bewering meer as 170 kilometer per uur gery het, kon nie stop nie en het ‘n ander voertuig getref voordat dit reg van voor met ‘n vragmotor gebots het. ‘n Provinsiale woordvoerder, Moeti Mmusi, het motoriste versoek om verkeerswette te gehoorsaam om verdere tragedies te voorkom:
# Die Amerikaanse seesoldate wat in Los Angeles ontplooi is, het gister hul eerste arrestasie uitgevoer. Dit volg na die buitengewone gebruik van ‘n militêre mag om die binnelandse polisie te ondersteun te midde van nasionale betogings teen president Donald Trump se militêre parade in Washington. Die aanhouding van ‘n Amerikaanse veteraan en ‘n immigrant met Amerikaanse burgerskap, beklemtoon die ongewone aksies wat deur Trump-ondersteunbers verwelkom word, maar die res van Amerika omkrap. Ongeveer een-duisend-800 betogings regoor Amerika word vir vandag teen die Washington-militêre parade beplan.
# En om mee af te sluit sportnuus:
# Sokker: Bafana Bafana het hul plek in die eindronde van die COSAFA-beker bespreek ná ‘n 3-1 halfeindstryd-sege oor die Comore in die Vrystaat-stadion gisteraand. Suid-Afrika het vinnig begin en twee keer punte aangeteken, insluitend ‘n doel deur Boitumelo Radiopane. Comore het geantwoord met Ibrahim Madi, maar Kamogelo Sebelebele se doel in die tweede helfte het die oorwinning beklink. Suid-Afrika draf nou teen die heersende kampioene Angola uit in môre se eindstryd. Comore en Madagaskar pak mekaar vir die derde plek.
# En boks: Boks Suid-Afrika het Tsholofelo Lejaka as sy nuwe uitvoerende hoof aangestel. Hy sal Dinsdag die posisie inneem. Die pos was sedert Augustus 2020 vakant. Lejaka, wat van 2016 tot 2020 as uitvoerende hoof gedien het, keer terug met ‘n sterk leierskapsrekord. Sy aanstelling volg op ‘n vyf maande lange werwingsproses wat daarop gemik was om bestendigheid en groei te herstel. Die direksie het sy vertroue uitgespreek in Lejaka se vermoë om Suid-Afrikaanse boks te herbou en op te hef.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….