Nuus 13:00
BULLETIN 29 Mei 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Lewenslange tronkstraf vir die drie veroordeeldes in die saak van Joslin Smith
# Drie verdagtes word nou gesoek vir die moord op ‘n vrou van Johannesburg
# En Kaapstad haal Time Out se lys van stede met die beste toegang tot die natuur en groen ruimtes
# Kelly Smith, Jacquen Appollis, en Steveno van Rhyn is elk tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verdwyning van Smith se jong dogter, Joslin, aan die Kaapse Weskus in Februarie verlede jaar. Die verhoor het vanoggend geëindig in die Wes-Kaapse Hooggeregshof wat in Saldanhabaai sit. Regter Nathan Erasmus het kennis geneem van stelsel-mislukkings in Smith se ondersteuning, maar beklemtoon geregtigheid moet die kwesbares beskerm. Hy sê ook dwelmgebruik is geen verskoning vir sulke misdade nie:
# Die Gautengse polisie het bevestig dat drie verdagtes nou gesoek word in verband met die moord op Olorato Mongale gesoek. Die 30-jarige vrou se liggaam is in Lombardy-Wes, Johannesburg, gevind nadat sy Sondag ‘n afspraak gehad het. Die motor wat na bewering in die moord gebruik is, is by ‘n paneelklopper in Durban gevind. Nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die derde verdagte, Bongani Mthimkhulu, is ‘n vriend van Philangenkosi Makhanya wat saam met Fezile Ngubane ook gesoekte verdagtes is:
# Die MK-party sê hy sal dit nie duld dat buitelandse winsjagters of hul plaaslike bemagtigers Suid-Afrika se wetsraamwerk ondermyn nie. Die kommunikasiereguleerder, Okosa, het ‘n ondersoek van stapel gestuur na bewerings dat Elon Musk se onderneming, Starlink Internet-satellietdiens, onwettig bedryf word in die land. Woordvoerder Nhlamulo Ndhlela sê Starlink se onwettige verbindingsbedrywighede word deur ‘n onwettige instelling genaamd “ICASAsePUSH” uitgevoer:
# Motorsport: Die Italiaanse motorfietsrenjaer, Luca Marini, sal moontlik volgende week se MotoGP-wedren in Aragon, Spanje, misloop nadat hy tydens toetse in Japan geval het. Die bestuurder van Honda Factory Racing het veelvuldige beserings opgedoen, onder meer ‘n ontwrigte heup, talle beenbreuke en ʼn long wat platgeval het. Honda sê Marin sal in ‘n Japanse hospitaal bly vir waarneming tot hy gereed is om huis toe te gaan. Hy is tans 13de op die punteleer.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-90-sent teen die dollar, 20-rand-18-sent teen die euro en 24-rand-10-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 108-duisend-506-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-276-dollar-95-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 64-dollar-97-sent per vat.
# En laastens, Kaapstad is negende geplaas in Time Out se wêreldwye opname van stede met die beste toegang tot die natuur en groen ruimtes. Die metro is saam met Abu Dhabi, bekend vir sy 200 parke en strande, en Chicago wat met meer as 600 parke spog en bekend is vir sy toewyding aan groen stedelike ruimtes. Die opname, gegrond op meer as 18-duisend-500 stemme, beklemtoon Kaapstad se stadslewe en buitelug-skoonheid. Inwoners en besoekers sê hulle geniet plekke soos die Kompanjiestuine en Tafelberg.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….